Rubrieke

Titel: My tone
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My tone gee my altyd weg. Ek het wat mens kan noem ekspressiewe tone. Mense (vriende en vyande) het al baie keer opmerkings daaroor gemaak. Nie spesifiek oor die lengte van hulle nie, alhoewel natuurwetenskaplikes hierdie eienskap al gebruik het om ons evolusionere verbintenis met (ander) primate te staaf. Dis ook nie die knoppe tussen toonsegmente wat die meeste gesprekke begin nie. (“Wha ha ha! Jy het tone soos niknaks!” - nie die beste first impression nie.) Ook nie die senings of bloubloedare wat die bokant van my voet so interessante landskap maak nie. Nee. Dis hoe ekspressief hulle is. Dit wat my binnekant voel, wys hulle aan my buitekant. Party mense loop met hulle gevoelens op hulle mou; ek loop met my gevoelens in my voetpunte.

Die beste voorbeeld hiervan is as ek kitaar speel. Veral met die gevoelvolle, buigende tone van blues. Dan buig my tone saam. Strek wyyyyd uit. Di-di-di-di-di: hulle trek ineen om reg te maak vir die “whawhaaaaaaaa!” wat wag om uit te breek. Die hele reenboogspektrum van emosies wag om uiting te kry. Van geel vrolikheid tot die donker-perste afgrondswoede. Jou spanning gaan le dalk in stywe skouers of 'n maagseer. Of 'n knaende hoofpyn. Ons kan stress wegsteek vir ander, maar nie vir jou eie lyf nie. My spanning laat my tone ombuig tot onder my voetsool vir almal om my innerlike wroegings te sien.

Dis die dat ek soms maar eerder skoene aantrek, al sou my voete vryheid verkies. Ons almal dra maar skoene om ons gevoelens weg te steek. Ons is nie gemaklik met ons emosies nie. Hulle stel ons in die verleentheid en wys heeltemal te maklik wie ons is. Wat gaan my skoonma se as sy weet hoe ek regtig oor haar voel? Of as my kinders weet wat ek nou eintlik vir hulle pa wil se? Want ons weet dit eintlik maar al te goed: emosies is baie nader aan wie ons eintlik is as ons koue kop-argumente. Hoe sad! Ons is na God se beeld geskep. Ons kan 'n stuk van God vir die wereld wys. Maar ons wil nie he die wereld moet ons elkeen se spesiale uniekheid sien nie. What a waste!

Ons het almal soveel om te bied. Die taak in ons lewens is om wie ons is te ontdek en dan dit te laat uitpop soos candy pop (daai goed wat so fizz in mens se mond). Die kuns van my lewe is om my unieke specialgeit in woorde en dade om te sit. Om myself te express – om myself uit te druk. Of eerder dit wie God my gemaak het, net te laat vloei.

Ek sit hier op my stoep en tik hierdie woorde. My kaal voete is koel op die leiklippe. Ons land is mos 'n land waar mens baie beter sonder skoene lewe. Ek nooi jou: Join my! Skop daai skoene uit. Ontdek jou emosies en jou menswees. Express jouself. Laat ons leef. Ek wil hierdie jaar wys wie ek is. Met my vingers wat tik en my tone wat krul. Wat laat jou tiek? Jy, liewe mens, het baie om te bied!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dis ook net jy wat oor tone 'n hele storie kan skryf :-D
Well done!
8 jaar 4 dae 4 ure oud


Tone
Bravo, BRAVO vir jou. Jy wen my op, jy beur my op, jy laat die klonte in my bloed oplos sodat dit sneller deur my are vloei. Ek skop my plakkies laat dit so oor die gladde teels skuif. Dankie vir jou motivering en puik artikel!!!
8 jaar 5 dae oud


Tone
. . . . die eerste ding wat waai as ek by die deur instap van die werk af is my skoene! verstaan soooooo mooi wat jy se!
jou rubriek is goed geskryf. lkker om te lees.
8 jaar 6 dae 21 ure oud


Gevolvolle tone!
En die punt wat jy wil maak is? (Glimlag) ". . .ek loop met my gevoelens in my voetpunte. . ."

Ai ek het die lees van jou rubriek nou so geniet hoor. In die besonder waar jy jouself as kunstenaar in aksie beskryf met kitaar in die hand. . .

"Dan buig my tone saam, strek wyd uit in 'n gedi-di-di om hulle reg te maak vir die whawhaaa!"

Hier is soveel lesse en toepaslikhede in hierdie skrywe van jou, maar ek sal volstaan by die volgende.

Ja,gevoelens op die mou. . .Dit is nou -glo vir my - ons as kunstenaar, skrywers, musikante ens. in die oortreffende trap!

"En om dit wie God my gemaak het, myself uit te druk." Jy bewoord dit so mooi en dit is so baie baie waar. Sonder Hom is ons niks nie.

Vonnie

8 jaar 1 week oud


Tone
Kg,

Dankie, ek het dit geniet. Ek loop vannand kaalvoet as ek tuin natspuit en sal aan jou woorde herkou.
8 jaar 1 week 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar