Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoekom moet ons altyd wag voor ons kan speel? Dêmmit ons is mans!

Ek het vandag my nuwe selfoon bestel. Een van daardie goeters waarmee ek al my webwerwe kan beloer van enige plek waar ek opvangs het. Al wat dit kort is ‘n ordentlike ingeboude koffiemaker dan sal dit perfek wees.

Vorms ingevul, sit ek op spelde en wag vir my foon. Sy tel die foon op en bel store. Haar glimlag moes dit dadelik weggee, daardie jammer glimlaggie. Wragtig het hulle nie ding in voorraad nie.

Soos die ordentlike jongman wat ek is sê ek toe dankie vir die moeite en ek sal maar wag.

Op die stoep sit ek met ‘n koue drankie in die hand en wonder oor my tegnologiese liefling wat iewers in ‘n boks rondreis oppad na haar nuwe eienaar toe. Skielik tref die aakligste van gedagtes my. As ek die selfoon kry moet ek die ding eers vir 16 ure laai voor ek dit kan gebruik.

Dit sal seker die langste voorspel in my lewe wees. Hierdie selfoon met al daardie oulike knoppies om te druk lê daar en smeek dat ek daarmee speel maar ek moet eers wag dat dit klaar laai!

Die pyn van man wees is ongelooflik, veral as jy soos ‘n seuntjie, moet sit en kyk na iets wat joune is en waaraan jy nie kan vat nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar