Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Agtien jaar gelede het ek verseker geweet God bestaan. Geweef deur God se hande het ek jou volmaakte brose liggaampie knus teen my gedruk. In my arms ‘n kosbare geskenk van God. Jou eerste huil het ‘n kloof in my hart geskeur. En sag het ek Hom hoor fluister: Moedertjie.

Vandag oorval die heimwee al vier die hartkamers.. In al die kamers is portrette van jou in die wande in gelaser. Soms soos vandag, stof ek al die spinnerakke af om elke herinnering te koester. En verstom staan my siel voor die wete my bondeltjie vreugde staan op die lewenstakkie en oefen haar sterk vlerke vir die groot vlug na more..

‘n Skemergas van gister se vinger druk beskuldigend sy vinger teen die trane op jou wange in die portret. Kras en verdoemend sy stem! Ongenaakbaar in my geestesoog die tonele waar dit deur my toedoen was. Kon ek hier maar die onwikbare wysers van die horlosie terugdraai! Hier waar die etikette van my donker depressie die lig in hierdie kamer so verdoof het. Die hartseer in jou kinderogies kon keer waar die kindervoetjies soms in grootmensskoene versuip het…

Maar ‘n lied begin sag die kamer te vul.’n Lied wat begin met ‘n Redder wat aan ‘n houtkruis was.. ook vir my. Die lied borrel oor totdat dit die skemergas se kras stem verdryf. Kyk hierdie kamer kort baie meer as net afstofwerk! Ek sien ‘n ander Hand wat my nooi om te kom kyk – wat die stoflap neem en my wys dat selfs in hierdie kamer daar op elke portret ‘n Handtekening van die Skilder is.. ‘n Handtekening in bloed. Toe ek omdraai merk ek die skemergas het verdwyn..

Saam met Hom wandel ek na die ander hartskamers en kyk die lig van more se hoop stroom by die sielevensters in. Dit speel in jou blonde hare en hier waar ek diep, diep binne jou sielevensters kyk en net liefde sien. Jy sal altyd God se geskenk vir my wees. Geseënde agtiende verjaarsdag – mag God altyd jou stuurman in jou lewensbootjie wees en mag jy nooit net veilig en snoesig op die kus bly nie maar jou vlerke span want ek weet God se Arendsvlerke sal jou veilig dra na die hoogtes wat Hy vir jou bestem het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Gelukkige verjaarsdag, Bondeltjie.
Groetnis vanToom
6 jaar 2 maande 5 dae 17 ure oud


Besonderse verjaarsdag
So pragtig en teer geskryf :)
6 jaar 2 maande 1 week 3 ure oud



Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar