Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Birmingham
Engeland
Sondag 12 Mei 2013

Liewe Ma

Ek is te ver om vir Ma vandag ‘n moedersdag-blomruikertjie te neem; daarom stuur ek ‘n woordruikertjie. Net ‘n ou kleintjie.

Dankie vir Ma se voorbeeld. Daardeur het ek geleer dat ‘n ma haarself te kort sal doen ter wille van haar kinders. En dat mens nie katterig is en nie skinder nie; dat daar nie ‘n goue middeweg is as dit kom by reg en verkeerd nie.

Ma het my geleer om my man te staan en nie ‘nee’ vir ‘n antwoord te vat as ek weet dat ‘ja’ ook ‘n opsie is nie. Dat mens nie sommer swarigheid vir iets moet sien nie. Dat mens veertien kuiergaste gasvry in ‘n twee-slaapkamerhuis kan ontvang – al moet party op die sitkamervloer en ander op ‘n ry op kampmatrassies in die motorhuis slaap.

Dankie dat Ma my geleer het dat mens mooi kan aantrek sonder om ‘n fortuin te spandeer. En om die snaakse kant van dinge raak te sien en lekker te lag.

Dankie dat Ma saam met Pa kans gesien het om vir meer as vyftien jaar elke Desembervakansie met al vyf julle kleinseuns op Heroldsbaai te gaan kamp. Daardie herinneringe sal hulle vir altyd met liefde koester.

Ek bid vir Ma daardie innerlike vreugde en vrede van die Here, wat alle verstand te bowe gaan, toe.

Liefde
Elise
XXXX



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ai Elise

. . . . ma's is darem so spesiaal!

dankie dat jy my weer aan my eiei moeder laat dink het.
6 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud


Brief
Elise, ek sien jou ma in jou en jou in jou ma! Hierdie briefie is meer werd as goud en silwer, perels of orgidee. Ek glo jou ma sou ook so dink!
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


briefie
Met deernis neergepen.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 ure oud


Briefie..

"Gee my NOU die haelwit rose
wat jy eendag op my graf sal plaas..." (digter onbekend)

Hoe ongelooflik baie sal sy jou "haelwit rose" waardeer!
6 jaar 8 maande 3 weke 10 ure oud


Briefie
Ek wens ek kon daardie selfde briefie vandag vir my mammie gelees het. Maar ek glo daar waar sy is, weet sy ek het dit ook vir haar gelees.
Elise jy is ver van haar af, maar met hierdie woorde kan geen een nader aan haar wees as juis jy vandag nie.
Sterkte vir die mores wat voorle.
6 jaar 8 maande 3 weke 13 ure oud


***
Dankie Elise, dat jy hierdie intieme briefruikertjie met ons deel -- ek's seker jou moeder gaan 'n snesie nodig hê...
6 jaar 8 maande 3 weke 13 ure oud


Briefie
Nou huil ek sommer hardop. Ek wens ek kon jou 'n drukkie gee. Jou woordruikertjie sal vir haar baie spesiaal wees.
6 jaar 8 maande 3 weke 17 ure oud


briefie
Ek sit in dieselfde posisie en verstaan hoe diep hierdie briefie gaan..... skitterend, diep en hartseer geskryf.
Die briefie dui duidelik op die goeie voorbeeld wat sy gestel het en wat julle navolg.
6 jaar 8 maande 3 weke 17 ure oud


Briefie . . .
Dit is 'n groot frustrasie -
Om alles wat daar is om vir 'n moeder te sê
op skrif te sit.
In jou briefie knyp jy maar oë toe
Reik uit na die Hemel
En pluk net 'n handjie vol
van die sterre wat jou moeder
in jou lewe laat skyn het.
Ek glo
Onbaatsugtig soos 'n moeder is
Is 'n enkele ster
Genoeg

Ek glo in haar hart
Berus sy
Met
"Ek het volbring"
6 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


*
Drukkie vir jou! So mooi opreg!
6 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Elise
So raak en so waar. Vrede vir jou ook op hierdie Moedersdag.
6 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 3 ure oud


Elise...
dis so seer, hierdie onvermydelike. Maar soos jy sê: ons troos lê in Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan.
6 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar