Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Iemand het eenmaal gesê: Voordat die mens nie besef hoe verlore en dood jy werklik in God se oë is nie, het jy geen begeerte en behoefte aan ’n Verlosser nie.

Solank as wat jy dink jy lewe ’n goeie lewe, bid, lees Bybel, “gaan kerk toe” en is heel waarskynlik ’n “lidmaat van een of ander kerk of gemeente”, dink die meeste mense hulle is reeds “kinders van God”, “gered” en “op pad hemel toe”.

Dit is eers wanneer jy aan hulle ’n vraag vra soos die volgende wat daar by hulle lig opgaan en hulle besef hulle is in werklikheid nog totaal verlore.

Die vraag wat ek gewoonlik aan mense vra is iets soos die volgende: As jy vandag skielik te sterwe kom en jy verskyn voor die lewende God en Hy sou jou vra: Waarom moet Ek jou in die hemel toelaat? Wat sal jy Hom antwoord?

Wanneer hulle dan die antwoorde hierbo sou gee, weet ek hierdie mens het nog nooit werklik die Bybelse “ruiltransaksie” met God aangegaan nie.

Verlede week het ek ware Bybelse bekering vergelyk met hierdie “ruiltransaksie” wat daar tussen jou en God plaasvind wanneer jy werklik in geloof Jesus aanvaar en aanneem as jou Verlosser en Here.

Kom ons “bou” nou ’n ware Bybelse sondebesef en berou in hierdie prentjie in oor die “ruiltransaksie wat plaasvind tussen ons en God”.

Dit lyk vir my God gaan net hierdie Bybelse ruiltransaksie met mense aan wat besef dat hulle niks in hulle hande het om inruil terug te gee aan God vir Sy genade en verlossing in Christus Jesus nie.

Dit kan dus eers gebeur wanneer die mens se oë daarvoor oopgaan dat dit wat God se Gees daar in Rom. 3:10-20 oor elkeen van ons sê, waar is voor ons wedergeboorte en Bybelse bekering. Luister wat staan daar:

"Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie.

Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.

Hulle keel is ‘n oop graf, met hulle tonge bedrieg hulle. Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange, hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.

Hulle voete is vinnig om bloed te vergiet.

Hulle laat ‘n spoor van verwoesting en ellende agter.

Die pad van vrede het hulle nie leer ken nie, ontsag vir God het hulle nie.

Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God.

Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer ‘n mens wat sonde is.”

Al probeer ons dus ’n goeie lewe te lei en al God se gebooie te gehoorsaam, is dit ook dus nie goed genoeg in God se oë nie. Want al doen ons net een sonde ons hele lewe, as ons ons aan die wet van God sou toets, is ons totaal verlore en op pad hel toe.

God kan dus net hierdie Bybelse ruiltransaksie met iemand aangaan, as so ’n mens met opregtheid iets soos die volgende kan bely: Here, ek is totaal verlore en tot niks in staat nie. Van voor my geboorte af was sonde reeds in my are en gene aan die werk. Daarom kan ek op geen manier uit my eie U genade en U vergifnis verdien nie. Dankie, dat Jesus Christus ook vir my sondes aan die kruis Sy lewe gegee het en ook my kom red het uit die dood. Ek steek my leë hande in geloof na U uit om hierdie genadegeskenk in Christus Jesus, wat Hy ook vir my bewerk het deur Sy lewe, sterwe en opstanding aan te neem in geloof. En ek kies om om te draai van my ou manier van dink en lewe en om voortaan Hom in gehoorsaamheid as My Here en Verlosser te volg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar