Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Goeie More my maatjie,

Ek wil graag 'n gebed vir jou doen.

"Liewe Here, ek nader U troon baie nederig vanoggend en wil U eerstens dank vir U liefde. Heer, ek wil U Naam vandag groot maak want U alleen is waardig om die lof te ontvang. Laat my asseblief toe my Hemelse Vader om my vriendin na U toe op te lig. Ek bid dat U vandag spesiale aandag aan haar sal gee. Sal U haar styf teen U boesem vasdruk en in hierdie dag vir haar die Alomteenwoordige God wees wat U is. Ek weet daar is dinge wat haar pla, Vader, en ek vra dat U vir haar 'n pad in die woestyn sal maak. Wees U die wolk wat sy vandag sal volg en wys asseblief aan haar die weg wat sy in hierdie dag moet stap. U het haar geskape met 'n Meestersplan vir haar lewe en die bloudruk is in U hande. U sê in U Woord dat niemand haar uit U hand sal kan wegruk nie. Beskerm haar in hierdie dag, lei haar en inspireer haar asseblief deur U Heilige Gees. Beskerm haar in haar werksplek vandag en sal U asseblief toesien dat haar werkgewer voorspoedig sal wees in dit wat hy doen sodat my vriendin ook in voorspoed sal lewe. Ek is baie lief vir haar Here en vra dat U haar sal bewaar en sy haarself sal beklee in die volle wapenrusting soos in Efesiërs 6 opgeskryf staan en U U engele aangaande haar bevel sal gee (volgens Psalm 91) om haar op die hande te dra, soveel so dat sy nie eers haar voet teen 'n klip sal stamp nie. Dankie dat U so fantastiese persoon gekies het om deel van my lewe te wees. Ek loof U daarvoor. Sal U tog nie skroom om die vensters van die Hemele oor haar oop te maak in hierdie dag en U seëninge nie van haar te weerhou nie. Sy is U dogter en soos 'n aardse vader weet ek U wil net die beste vir haar gee. Mag die seëninge van Deut. 28 haar inhaal en haar bakskottel nooit leeg wees nie. Ek dank U dat haar lewe vir U 'n getuienis sal wees in hierdie dag en dat alles wat sy doen, sy sal doen asof sy dit vir U doen. Mag elke offer wat sy in hierdie dag bied 'n welaangename reuk vir U afgee en mag die werke van haar hande en die gedagtes van haar hart vir U aanneemlik en aanvaarbaar wees. Mag elke woord wat uit haar mond kom wees soos heuning, en mag gedagtes van haar hart wees soos die moredou. Elke onuitgesproke woord, elke saak wat sy bedink, mag dit aangenaam en sinvol wees voor U aangesig O' Heer. Want U is haar God, U is haar Redder, U is haar vrede. U is die rots waarop sy bou en waar sy skuiling vind. Ek bid hierdie gebed vir my vriendin en ek weet met 'n kinderlike geloof dat my gebed sal verhoor in hierdie dag, nie net omdat ek dit vra nie, maar omdat ek en my vriendin afhanklik is van U, my God. U het ons uit genade gered, nie uit goeie werke nie, dit was U gawe, sodat niemand mag roem nie. Ek is lief vir U Here my God. Dit alles vra ek nie uit verdienste maar uit genade in die Naam van U Seun Jesus Christus.

Amen.

Love you, soet wees.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

My gebed
Eerstens wil ek net sê dat hierdie gebed met soveel oorgawe gebid is en soveel medelye en empatie dat dit merkwaardig is. Jy dra hierdie vriendin baie na aan die hart en ek glo dat sy jou waardeer vir hierdie innniglike ernstige gebed. Dit maak nie saak hoe dit uitkom nie, dit is die mooiheid en die opregtheid van die hart wat hier absoluut na vore kom. Mooi so!!!
2 jaar 4 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


Jou vriendin is bevoorreg om 'n vriendin te he wat so intens omgee en vir haar bid. Ek vertrou dit gaan beter met haar, want God is nie doof nie en Hy sal dit hoor, Hy sê "alles wat ons in Sy naam vra, sal Hy vir ons gee. As ons geloof net soos 'n "mosterdsaadjie" is, en dit is baie groter in jou geval.
Liefde
Tebseil
5 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 4 ure oud


'n Gebed vir my vriendin
Jy maak sterk voorspraak vir jou vriendin, maar jy se nie of sy spesiale aandag benodig nie en of sy ook maar in dieselfde katagorie as ek val. Waak daarteen dat jy in tye van nood haar so ernstig aan Hom sal opdra en sodra dit goed gaan, vergeet van Hom! Dis ons enkele grootste Christelike misdaad. Ek hoop jou vriendin sprankel tot in jou arms.... en jy kry tevredenheid vir jou pleitdooi tot God.
Voorspoed en lekker skryf.
5 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 9 ure oud


gebed
ons magtigste wapen, so nederig, so pragtig..m
5 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Meeste gelees in die laaste 24uur
(2014-04-20 01:00:00 - 2014-04-21 01:59:59 )

Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Sonsoene

deur DMJR

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar