Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Grense neem my onmiddelik terug na grenslyn persoonlikheid. Die afgebakende wêreld wat uit swart en wit grense bestaan. Die skemerte van grys bestaan hoegenaamd nie. En tydens terapie word dit beklemtoon dat grense moet bestaan – werksmense mag net kollegas bly en nie in sielsgenote verander word nie.

Vandag is ek in opstand teen hierdie grense. Ek het ‘n wonderlike vriendin. Kollega. Drafmaat. Die als-in-een. Wie kan die hart in ysige klampe vasklem en elke hartkamer omsoom sodat grense ingegraveer word en elke kompartement verbied om samesyn met die ander te hê?

Jou hartsvenster pikswart verf sodat jou (uitverkose) kollega tog nie jou emosies mag waarneem nie. Het Jesus dan werklik sulke grense gestel? My gedagte neem my na daardie swart en wit maskers van die teater. Pretensie is ‘n haak-en-steek doring in die vlees.

Sommige mense is ongelukkig net nuuskierig en sal so sappige brokkie nuus altyd uit basuin en die slagoffer se hart in repe skeur. Maar ek glo die Heilige Gees stuur ook spesiale mense as ligtorings op mens se pad. En waarom grense stel en jou siel toe skulp as jy dalk vir andere ‘n skrefie lig op hul pad kan werp?

Al moet my siel dalk weer bloei hierdie Berlynse muur wat ek moes bou tussen my en my vriendin, gaan ek steen vir steen biddend afbreek. En dit is ‘n moeisame proses waarin jy die wantroue wat ander mense veroorsaak het, moet verloon en selfs teen terapeutiese raad moet stroom op swem, Maar wat sou Jesus gedoen het? Ek is seker Jesus se aardse hart het geen grense gehad nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar