Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vir amper drie maande lank het ons op hierdie werf van ons rondgeloop en ou Lassa nog oral gesien en gevoel. Ons het hom nog in ons harte gehoor. Sy oë was op ons, sy liefhê-oë. “Sy gees pas ons op”, sê Chris toe hy sien ek mis, mis, mis ons hond wat ons so lank gehad het. Langs die rondawel lê sy spore vasgemessel waar hy lank tevore in die nat sement getrap het. Vir altyd sal sy spore vasgemessel bly in ons omgee-harte. Al is hy nou reeds byna drie maande al dood. Lassa, ons Labrador met die goue pels en hart. Die routyd is nou verby. En dit was goed.

Laas week eendag wys Chris my ‘n klein advertensie in ons plaaslike koerant: Jackie soek ‘n huis vir haar Labrador-kind. Ek spring op van blydskap en bel dadelik. Die stil erf en niemand wat buite lag en lewe nie, begin my nou regtig roekeloos depressief maak. Dis nog erger as mens van iewers af kom en niemand swaai eers ‘n blywees-stert by die hek nie. Niemand stap saam met jou soggens vroeg deur die tuin as die duiwe hul opstaankoere oor die bulte uitpsalm nie. Daar’s niemand om ‘n lekker been te gee nie. Niemand om te sê: “iemand is buite by die hek”, “ iemand is by die voordeur”, “iemand is lief vir jou.”

Nee wat, ‘n erf moet ‘n hond hê. Helaas, tot my groot spyt is die hond reeds aan iemand anders belowe. Ek vra mooi of daar nie dalk miskien ‘n plan gemaak kan word nie. Die hond is nog nie weg nie, nog net belowe. Jackie sê sy sal kyk wat sy kan doen. ‘n Hele dag gaan amper verby. Ek wonder oor die Labrador wat ek so graag wil hê. ‘n Swarte. ‘n Reun. Twee jaar oud, verby tandekry en doekedra. Bitter bruikbaar. Nodig.

In my gedagtes sien ek al klaar ‘n wye, oop hondebek lag as ons soggens die agterdeur oopstoot, voel ek al klaar meer volledig mens omdat ons dalk weer drie inwonendes alhier gaan wees: ‘n oubaas, ‘n ounooi en hul hond. Die foon lui. Dis Jackie. Die ander mense werk uit heeldag, hulle’t verstaan dat ons twee beter sal wees vir die swart Labrador, ons is immers afgetredenes. Labradors het baie liefde en aandag nodig. Soos kinders. Ons reël ‘n tyd om na die dier te gaan kyk.

Saterdagoggend ry ons. Nie ver nie. Die swart Labrador se miesies gaan na ‘n woonstel toe trek. Toe ons voor die huis stop, staan hy by die hekkie. Daar’s ander honde ook, maar my oë bly op hom. ‘n Volbloed, opreggeteelde Labrador, effens kleiner as ons Goue Oue wat dood is. “Love at first sight!” sou die Engelsman sê. Chris glimlag. Jackie stel hom aan ons voor : “Hagar, die verskriklike.”

Ek is verskriklik bly. Oor Hagar. Hy’s verskriklik mooi vir my.

Hagar se swart pels blink in die son. Het ek gedink sy oë sou soos Lassa s’n lyk? Mense se oë lyk nie dieselfde nie, hoekom sou honde s’n dan? Ek kyk in Hagar se nuwe oë, vryf sy pels, luister wat Jackie van hom vertel: goeie maniere, grou nie meer gate nie, liefdevol, gedissiplineerd. ‘n Labrador. Ons gunsteling soort hond. Chris hoef nie vir my te sê of ons die hond gaan vat of nie, ek lees my man se lyftaal. Jackie trek oor ‘n week. Dan sal ons vir Hagar kom haal. Ons kan nie wag nie. Ons dooie erf gaan weer lewe. Toe ons ry, glimlag Jackie breed.  Sy weet haar hondekind se nuwe ouers sal mooi kyk.  Mag die hoop nie beskaam nie. Mag Hagar ook soos oorlede Lassa verskriklik diep in ons hol harte klim en sagte spore vastrap. Sommer tot eendag, as ons nou regtig
                    v e r s k r i k l i k
oud is.

(word vervolg)
Lees: " 'n Laaste eerbetoon aan Lassa" onder my happies om 'n meer volledige prentjie te kry van wat op ons werf gebeur het.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy het my nou al in trane met jou mooi honne stories... Ok, lassa vir laaste, here I go...
7 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


Hulle kruip darem diep in mens se hart! Ek glo Hagar gaan julle baie gelukkig maak! Dankie vir die deel.
7 jaar 8 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


'n Hond vir die huis
Ag ek voel sommer die pyn van verlies.
Dit is darem baie swaar om 'n dier aan die dood af te staan. Hulle is ook mos ons kinders!
Ek is seker die nuwe hond gaan vir julle net soveel vreugde besorg.
Mooi geskryf.
Groete
Franna
7 jaar 8 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


'n Hond vir die huis
Dit is 'n bekende gevoel en stuasie vir elke diere-liefhebber: Nooit weer nie, maar kan nie anders nie ...!
7 jaar 8 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Elke keer as 'n geliefde troeteldier se plekkie leegword, sê ek nooit weer nie. Maar 'n huis, veral sonder kinders, móét mos 'n troeteldingetjie hê wat so onvoorwaardelik liefde aan die huis- mense gee. Mag julle en Hagar 'n laaaang paadjie saamloop!
7 jaar 8 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Aaaag!!! mwah! mwah!! ai, Sussa, ek tjank sommer!!! mag julle baie vreugde en lank gelukkig saam leef!♥
7 jaar 8 maande 1 week 4 dae 6 ure oud


Sussa ek het ook 'n goue Labrador en ja hy is goudwerd en sy naam is Beeno en ons is mal oor hom nes julle was......dankie hiervoor dit het my net laat besef ek moet meermale vir hom se ons is lief vir hom......hy het die mooiste geaardheid.....
7 jaar 8 maande 1 week 4 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar