Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is weer twintig.
Twee jaar gelede matriek geskryf en vier maande later getroud met die man wat my asem weggeslaan het sedert ek sestien was.

Wat sou ek vir myself sê as ons saam koffie sou drink?

“Belê in jouself, nie in banke nie.
Toer deur die pragtige land van ons, hou op om moeg te wees oor naweke.
Toer die wêreld terwyl jy nog krag en geld het.
Eet meer groente en minder suiker.
Stap meer, ry minder.
Moenie kommer oor stof op jou meubels nie, dit kan more ook afgevee word. Of die dag daarna. Die lewe wag vir jou.
Moenie haastig wees om jou eie baba vas te hou nie. Die tyd sal kom. En jy sal dit dalk meer geniet as jy ouer is. Jy is nog so jonk!
As jy die dag kinders het, volg jou instink oor hoe om hulle groot te maak. Nie boeke of ou suur tannies nie.
Lief jou man meer dan sal jy nie bekommerd hoef te wees oor die blondine by sy werk nie.
Wees geduldig met jou ouers en gaan kuier meer want hulle tyd hardloop uit.
Vertel jou ouma hoeveel jy haar liefhet en hoe sy jou gevorm het. Haar tyd is baie naby.
Skryf baie briewe en neem baie foto’s. Jou geheue gaan nie vir altyd hou nie.
Koop 'n video kamera en maak 'n kas vol herinneringe.
Begin om jou deel te doen vir die aarde. Herwin waar jy kan en begin dink oor hoe jy met die natuur omgaan.
Koop kwaliteit, en wag geduldig vir die regte item. Gemors hou net so lank.
Moenie ontslae raak van jou ou klere en ouma se ou goed nie. Dis nou ‘n fortuin werd!
‘n Groot vriendekring beteken niks as hulle nie DAAR is vir jou nie.
‘n Flirtasie is ‘n gevaarlike speletjie. Jy kan alles verloor waarvoor jy lief is, insluitend jou selfrespek.
Bid elke dag en bou aan jou verhouding met God. Jy gaan Hom baie nodig kry vorentoe.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

koffie
Kon ons maar almal die horlosie terugdraai en die regte besluite neem, sou dit wonderlik wees.
3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar