Rubrieke

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis Saterdag hier by ons. My hart slaan steeds tamboer oor Chris se mediese uitslae: longe is skoon, gewas het verdwyn. Dié wete lê nou al amper een hele week lank soos ‘n string blink pêrels in ons hart en hande.
Nou lê die lang herstelpad voor. My grootste begeerte is dat dié pad langs kosmospaaie en koel waterstrome verby mag kronkel. Mag daar geen slaggate op ons wag nie. Mag daar geen spoedlokvalle wees nie, mag ons geduldig en versigtig en waaksaam dié lang pad bewandel. Mag die vlam van hoop voortdurend brand. Ons wéét al teen die tyd dat mens nie oorhaastig moet wees nie. Geduld en tyd maak baie dinge reg. Die oumense het mos ook altyd só gesê.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nuwe hoofstuk
Sooo dankbaar saam met julle! Mag dit 'n hoofstuk van nuwe waardering wees,(ek weet dit sal!) "We serve an AWESOME God!" x
2 jaar 5 maande 6 dae 20 ure oud


Nuut
Mag julle al die tools gegee word wat julle nodig het om die pad uit te kap.
2 jaar 5 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


Z
Mag tyd en geduld alles vir julle regmaak Sussa.
2 jaar 5 maande 1 week 6 dae 7 ure oud


n nuwe hoofstuk
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
2 jaar 5 maande 1 week 6 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    drafstap deur my gemoed

    deur helna

    ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar