Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op die strand, en ek kom agter dat baie min mense geld het vir spieëls. Kan ons ‘n fonds stig wat spieëls aan mense sal skenk?

Die see was baie lekker. Ek weet ek klink nou soos ‘n ware Valie maar ek was soos ‘n seuntjie gewees. Ek het gedraf, gefiets en gestap vir ure elke dag. Dan het ek nog tyd afgeknip om strand toe gaan ook.

Op die strand gekom en my bek het amper in die water gehang soos dit oophang. Dit lyk my as iemand strand toe gaan gee dit nie om hoe jy lyk nie maar jy moet soveel moontlik son op jou lyf kry.

Ek het nie een man in ‘n speedo gesien nie. Lyk my mans het agtergekom Speedo’s is nie so koel as wat ons altyd gedink het nie. Maar die vrouens sien dit anders. Bikinis orals!

Of sy ‘n pens soos ‘n harde bier drinker het of selfs as sy met haar eie Kombi strand toe moet ry sal sy in ‘n bikini wees. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Almal het hulle liggaamsvorm en jy kan niks daaraan doen nie. Maar hier praat ek van pleinweg ordentlik lyk.

As jy ‘n bikini aantrek en jou vetrolle dek soveel van die bikini dat dit lyk asof jy ‘n nudis is moet jy nie in daardie ding wees nie.

Van die strand af in die winkelsentrums is dit ook hoogmode vir jong meisies om klein toppies te meng met ‘n hipster jean en ‘n pens. Ek weet baie van julle is te groot of te slim om advies van jou ma te neem maar asseblief vir alles wat heilig is stap na haar en vra wat sy dink.

Hier kan jou ma se opinie my dalk net red dat ek in jou moet vaskyk.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar