Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Dag soos enige ander, of so het dit begin.
Lekker laat gelê. Op my rekenaar gespeel en ander werkies gelees. Slang dokter toe geneem. Wasgoed gewas. Rond gaan loop by die Mall en lekker ge-"shop”

Tuis gekom het ek tee gemaak en begin skoonmaak. Ouma was besig om die wasgoed in te bring en Sus doenig in die kombuis. Ek het die eerste lot wasgoed by Ouma geneem en kamer toe gedra. Sy het die res gaan haal. Dis skottelgoedwasmasjien is in die hoek by die ingang, so wanneer die deur oop is, kan mens nie verby loop nie, jy moet eerder oor hom loop.

Ouma het met ‘n spoed om die hoek gekom met ‘n bondel wit wasgoed in haar hande. Sy kon nie die oop deur van die masjien sien nie. Met die vaart wat sy daarteen stamp, het sy haar ewewig verloor en begin val, die wit wasgoed verby die deur van die masjien en sy oor die masjien. In die meshouer was ‘n shogunmes, punt in die wind, en dié steek toe reg binne-in Ouma se been in. Sus het begin skree: “Kom help! Hier is vreeslik baie bloed!”.
Ek het uit die kamer gestorm. Daar was seker al ‘n liter bloed op die vloer. "Kry ‘n handdoek en druk dit op die wond", het ek geroep. Ons het haar by 'n stoel gekry, maar kon haar nie optel nie want die wond het te veel gebloei.
Ek het uitgehardloop en na ons buurmanne geroep om te kom help. Gelukkig was altwee tuis en het dadelik kom help om Ouma met stoel en al kar toe te dra. 'n Jaagtog na die hospitaal het gevolg en ek moet sê daar was baie gawe mense wat vreeslik mooi gehelp het.

Wel, alles het goed afgeloop. Ouma se been pronk nou met vyf pragtige steke en twee blou kolle. Sy het twee inspuitings op een dag gekry, ‘n rekord vir Ouma.
Wys jou nou net, ‘n ongeluk gebeur vinniger as wat jy dink.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Titel: ‘n Ongeluk gebeur so vinnig
Ai tog. Hoop Ouma het heeltemal herstel.
10 jaar 9 maande 4 weke 9 ure oud


'n Ongeluk gebeur so vinnig
Dit het in Adam en Eva se tyd al met die slang begin........Couzie!
11 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


Sterkte ouma, jou eerste piercing het jy nou ook, wat van 'n tatoo?
11 jaar 11 maande 1 dag 22 ure oud


Spoedige beterskap vir Ouma. En dis hoekom mens dit 'n ongeluk noem, anders sou dit 'n aspris(sê vriend Jakes) gewees het, ai.
11 jaar 11 maande 5 dae 10 ure oud


‘n Ongeluk gebeur so vinnig
Daar neem Lorraine die woorde so reg uit my mond uit. Ek hoop ook ouma herstel gou. Dankie vir die deel hiervan.
11 jaar 11 maande 5 dae 21 ure oud


Ek het net een vraag, "wie en watter slang het jy dokter toe geneem?" Vanaand kry ek weer nagmerries oor slange!!!! Sterkte vir ouma, hoop sy word gou beter!
11 jaar 11 maande 6 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar