Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In my wereld staan ek met 'n swart geklede oorpak voor die oopmond graf van erkenning. 'n Oomblik se stilte voeg waarde toe, tot die respek wat ek gehad het vir eens so 'n nederige behoefte. Die houtkis sak met staccato ondertone tot waar die bodem die finale dromslag vorm. Ek draai weg, sonder trane, sonder berou, bewus dat ek moet aanpas by 'n wereld wat bykans elke dag 'n koue skouer draai. Dis volbring...

En dan, in die geboortekanaal van Augustus, net voor die begin van lente ontmoet ek op 'n koue vroeg oggend wandeling die vae skaduwee van 'n vriend wat ek gedink het, ek vir goed begrawe het. Met bewende vingers hardloop ek na die rusplek waar die vars hopie grond wat nog nie gestol het vir onkruid of grafblomme nie. Is dit moontlik? Of droom ek dalk my behoefte as 'n spook? En dan dink ek dat waar 'n skaduwee val daar lig moet wees. Sal dit die lig wees aan die einde van my tonnel? Of het ek vir te lank in tonnelvisie verval, totaal blind vir die mooi wat langs my voetpad gegroei het? Het ek die kind van duisternis geword?

Ek kom by die graf waar ek begrafnis gehou het, maar die vars hopie grond van oomblikke terug is weg. In sy plek is lower groen gras wat jou uitnooi om piekniek te hou met 'n geblokte rooi en wit kombers, 'n mandjie met soet en sout en dalk 'n paar druppels rooiwyn om kleur in die wange te sit. Daar is nog hoop, vir my in elk geval.

Ons almal smag na 'n klein bietjie erkenning, hetsy dit is vir 'n groot taak, of vir 'n guns wat met goedbedoelde intensies gelewer is. Vir baie lank het ek gedink dat opregte erkennning gesterf het. Dat dit wat jy doen 'n verwagting geword het, dat dit nie meer nodig is om dankie te sê of iemand geluk te wens op 'n goeie prestasie nie want dit is mos jou werk. Hoekom iemand bedank vir iets wat voor die handliggend sy plig is. Toe ontnugter 'n klient my vanoggend, want toe ek my epos bussie oopmaak lê daar 'n epos wat lees: Baie dankie Natasha, vir jou ondersteuning en harde werk op my projek. Dit word opreg waardeer.

Met drie traandruppels kon ek toe dankie sê dat my antoganisme teenoor die wereld se koudheid ongegrond is. Daar is nog goeie mense in hierdie wereld, die wat weet, dat harde werk gepaard gaan met erkenning want 'n klein dankie beteken meer as 'n bonus aan die einde van die jaar. Dit beteken meer as 'n verhoging, of 'n groter werk verantwoordelikheid. Dit beteken dat mense wel sien wat jy gedoen het, wel geidentifiseer het dat jy dit goed gedoen het en jou beloning is 'n stukkie van hulself.

Sê vandag jou dankie, jou "well done", jou geluk, want jy weet nooit hoe fantasties dit vir die ontvanger is nie.

Vir jou, wat my bril vir my ontwasem het, dankie vir 'n stukkie hoop.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n Oomblik vir Erkenning
Erkenning is altyd lekker, maar jy is die soort mens wat op daardie hopie grond 'n boom sal plant.

En so op jou eentjie in die loofkoelte sal stilte vind en die sappige vrugte sal uitdeel !
9 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


Dit is pragtig geskryf en so waar. Erkenning spoor 'n mens aan en gee hoop.
9 jaar 3 maande 4 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar