Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Inleiding: Wat is profesie se bedoeling?

Wat ek hier vir jou bring is ek van oortuig is ’n woord van die lewende God. Dit is dieselfde God wat in 2013 vir my gesê het om vir Sy mense aan te sê om gereed te maak vir ’n val in die wêreld se geldmarkte. Dit is ook dieselfde God wat in 2014 gesê het Sy hart is om die land, veral SA, te seën. Dit is dieselfde God wat verlede jaar ons uitgestuur om daar waar Hy ons heen stuur, te gaan sê dat die herlewing wat Hy al vir bykans 150 jaar belowe het, hier is. Daarom moet ons God se Gees profeties begin roep om daardie herlewing ook hier by ons te kom bewerk.

Soos ek sê, ek is oortuig dat wat ek toe moes bedien, profetiese woorde van God was. So glo ek dat dit wat ek hier gaan bedien aan jou ’n profetiese woord van dieselfde God is.

Natuurlik moet jy soos elke ander keer, in die lig van 1 Tess 5:19 e.v., vir jouself aan Sy voete gaan seker maak of dit werklik van Hom af kom.

Voordat ek die woord aan jou bedien, wil ek jou herinner aan wat profesie se bedoeling is. Profesie, volgens 1 Kor. 14:3, is bedoel om te bemoedig, te versterk en te vertroos. Dit is bedoel om ons te bemoedig in tye wat ons bemoediging nodig het en moet weet dat dit wat ons tans rondom ons sien met ons gewone oë, nie die einde en die laaste woord is nie. Omdat God geweet het wat gaan gebeur en hoe stresvol dit gaan wees en hoe dit ons gaan laat wonder wat gaan aan, hoekom gaan dinge so sleg, gee Hy wat die toekoms ken, wat weet wat in Sy hart is om te laat gebeur en wat Hy wil gee, deur profesie vir ons so ’n kykie in die toekoms om ons te bemoedig en te laat vasbyt in die swaar tye.

Die profetiese woord is ook bedoel om ons te versterk, in die sin van vir ons rigting en visie te gee van wat in God se hart is. Dit is mos versterking om in tye wat dinge werklik sleg gaan met jou en wat jy worstel met al hierdie uitdagings waarvoor jy nie antwoorde het nie, om dan ’n woord van die lewende God te kry wat vir jou laat besef, God weet van my en Hy weet presies waarheen Hy met my op pad is. Hy het boonop ’n plan en oplossings wat al hierdie uitdagings gaan aanspreek en Hy het ’n plan vir my lewe in die groter prentjie.

Watter troos is dit nie midde die swaar van die realiteite waarin ek en jy in die hier en nou is nie! Dit is dus asof God met so ’n profetiese woord self langs ons kom staan en sê: Ek weet waardeur jy gaan en Ek is hier! Ek is besig daar waar jy nog nie kan sien nie. Moenie huil nie, moenie moedeloos word nie, moenie vaskyk net teen wat jou gewone oë kan sien nie. Vertrou My! Glo in My! Ek is die God wat die onmoontlike kan doen! Daarom, laat My toe om jou trane af te vee.

Daarom sê 1 Tess. 5:19 e.v.: Moenie profesie minag nie. Jou koppie is te klein en te plat om te bedink wat die grootte God kan doen. Gaan sit eerder by Sy voete en laat Hy jou oortuig of dit Hy is wat hier praat en laat Hy jou help om jou hart oop te maak sodat hierdie woord jou kan bemoedig, versterk en vertroos.

Omdat profesie gewoonlik ook ’n woord oor môre is, is dit vir my en jou nodig om weer en weer te gaan kyk en te lees wat God gister en eergister in profesie vir ons gesê het, sodat ons hier in ons hart heeltyd ’n verwagting in geloof kan kweek en aanblaas omdat ons weet, God het gesê Hy gaan dit doen, daarom gaan dit beslis gebeur. Miskien is God se tyd vir die vervulling en waar-word van daardie woord NOU.


Oor 1 Kor. 15:24 e.v. en 2 Kron. 7:14,15

Hier is wat ek hoor God sê vir 2016 en verder.

Moenie julle blindstaar teen wat rondom julle in die politiek en die ekonomie aangaan nie. Onthou waarmee Ek besig is. Gaan lees weer 1 Kor. 15:24 e.v. om te verstaan waarmee Ek besig is.

Rondom julle is ’n oorlog aan die gang. Daar is magte aan die werk wat alles wil beheer, wat alles in hulle hande wil hê. Hulle gun niemand anders iets nie. Daarvoor sal hulle lieg en bedrieg, steel, manipuleer, doodmaak.

Moenie julle blindstaar teen mense nie. Besef julle worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die onsigbare magte in die lug.

Mense kan verander. Ek kan mense tot inkeer bring. Ek kan gemeenskappe omdraai, omdop en genees.

Ek belowe dit mos aan julle. Dink aan wat Ek daar in 2 Kron. 7:14 en 15 vir julle gesê het: "As my volk oor wie my Naam uitgeroep is, berou toon en bid en vra na my wil en terug draai van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan."

Oor Joh. 14:12-14

Besef julle wat Ek deur en in julle lewens werklik kan doen as julle My toelaat? Het Ek nie self aan julle belowe wat daar in Joh. 14:12-14 staan nie?

Daar sê Ek vir julle: "Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.

As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen."

Het Ek nie vir julle gesê watter krag daar in gelowige gebed is nie? Hoor weer wat Ek vir julle daar in Jakobus 5 sê: “Die gebed van ʼn gelowige het ʼn kragtige uitwerking. Elia was ʼn mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie.

Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer.”

Dit is waarom julle tot My moet bid en My moet vertrou om die mense wat julle regeer aan te raak en te verander. Dit is waarom julle moet bly bid vir die redding van alle mense, want My begeerte is dat niemand verlore sal gaan nie. Dit waarom julle by My voete gedurig moet sit om te hoor wat in My hart is om te doen.

My hart vir nou is om in My heerlikheid tussen mense sigbaar te word sodat hulle kan weet en ervaar Ek is daar. Ek wil julle gebruik om hulle aan te raak en te bedien met My liefde, met My krag, met My teenwoordigheid.

Ek wil julle gebruik om in My Naam die nood en ellende rondom julle aan te spreek en te bedien.

ʼn Seisoen van Meer As Genoeg

Vir jare het Ek julle geleer wat dit beteken om My te vertrou vir alles wat julle nodig het, maar ook dat daar ’n orde daarin is. Waar julle My Koninkryk soek en die groter prentjie waarmee Ek besig is, raaksien en in berekening bring en ook daar by My voete geleer het waar elkeen van julle inpas in die groter prentjie en bereid is om dit te doen in gehoorsaamheid, daar sal en het Ek in alles voorsien wat julle nodig het.

Daardie seisoen is nou verby. Nou wil Ek hê julle moet My vir meer as dit vertrou. Ek wil hê julle moet My vir oorvloed vertrou. 2 Kor. 9:8 en Fil. 4:19 moet nou julle verwagting word, want julle kan nie ander se praktiese behoeftes bedien as julle nie self genoeg het om ook aan hulle te gee nie.

Daarom is dit so belangrik dat julle sal weet wat vir julle genoeg is, want as julle nie weet wat en hoeveel vir julle genoeg is nie, sal julle nie weet watter deel van wat Ek aan julle gee om julle mee te seën, nie vir julle bedoel is nie, maar bedoel is om deur julle te vloei na ander in diens van My Koninkryk wat moet kom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DIE PROBLEEM

SY NAAM word APART van GODSDIENS [Op_13]
3 jaar 8 maande 1 week 2 dae 9 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar