Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hulle sê daar is hondeliefhebbers en dan is daar Bull Terriër-liefhebbers. Ons was vir jare laasgenoemde, deur die kinders se grootmaakjare, deur verhuisings na die plaas en toe die dorp. Die Bully kon nie aanpas nie: te veel skielik om sy geliefde nooi teen te beskerm, net te veel honde wat oral blaf, te veel mense wat kom en gaan, en uiteindelik ook teen sy baas. Ons moes hom laat gaan…, en ‘n stukkie van my sal altyd seerbly…. Dié besluit was voorkomend: ons kon dit nie toelaat dat hy uit die werf kom en ander onskuldiges beseer nie. Die nuwe kleinhondjie het sommer gou in ons harte gekruip: ‘n Golden Retriever met sagte ogies en ‘n bek wat altyd lag! Gou-gou geleer waar sy mag en waar nie. “Baie willlig om te plesier” lees ek in al die inligtingstukke wat ek kon kry oor dié honderas.

Baie gewillig…, amper “te” gewillig. Ons was seker te lank gewoond daaraan om ‘n eiesinnige hond te dissiplineer, te dwing om jou woord, jou kyk en dan ook jou baasskap te aanvaar. Alles ter wille van die veiligheid van jou mense en andere, en dan om die plesier van ‘n opgeleide, gehoorsame dier te kan geniet. Maar ‘n Bull Terriër bly ‘n Bull Terriër, en jy as eienaar moet altyd sy lyftaal kan lees en daarvolgens optree.

Die kleinhond se te maklik oorgee, te maklik die maag gee om te sê: “Ek gee oor; doen wat jy wil!” is amper net… te veel. Dit is asof ‘n mens voel sy is net te… perfek?

En dit laat my weer aan die lewe en sy dinge dink: is dit nie maar ook so met alles wat ons “te” maklik gekry, verower en verwerf het. Lank terug speel ek en my man ‘n potjie tennis: dit is nie sy spel nie en ek slaan sulke sagte, hoë lughoue vir hom. Boosaardig raak dié man nie toe nie: hy soek ‘n uitdaging, nie ‘n “hand-out” nie!

Iets waarvoor jy geveg het, opgeoffer het en baie tyd en aandag aan spandeer het, sal jy soos goud oppas én waardeer. Dink maar aan dinge soos een van die ander geslag wat dalk “te” maklik in jou skoot geval het, wat “te” maklik ja gesê het of dinge wat jy net sommer verniet gekry het, is maar soos “easy come, easy go”: daar is nie waarde daaraan nie.

Die uitdrukking “erfgeld is swerfgeld” is sekerlik ook baie waar, maar ek gaan, dink ek, weer my eenmaal-‘n-jaar-uitgawe aangaan en ‘n Lotto-kaartjie koop…. en dan die wêreld vol swerf, en my Bully gaan haal en vir hom sy eie plaas koop en……..: ai, tog!







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bull Terrier
Hulle sê as jy lank genoeg diere het, dan kom jy agter hulle kan praat. En elke soort praat 'n ander taal. Ek dink elke mens raak 'gehook' aan die soort hond wat vir jou die duidelikste kan sê: "Ek het jou lief!"
11 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud


'n Stukkie bly seer
Ja Rina, Bull terrier mense bly Bull terrier mense. Moes myne jare terug uitsit want sy het saam met die kinders gespeel en seer gekry. Sou baie geld gekos het maar dit was winter en die veearts kon my nie waarborg dat sy nie sou ly. So op die vloer met my hande om haar nek, het ek gesit en huil dat my hart wou breek. Dae en jare se wroewing daarna, moes ek nie maar probeer het nie. Vandag word daar nogsteeds met groot onsag na Shingilala verwys in my huis. Haar nooit weer probeer vervang, dink net nie dit is moontlik nie. Nou lê hier op my voete waar ek werk, 'n kruis boerboel/basset wat aan my hartsnare lek. Maar ek sal altyd met lang verlangende oe na 'n Bull terrier kyk. Ek ken jou seer.

"hoe meer ek van mense weet, hoe liewer het ek my hond"

11 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


Jy is 'n wyse vrou Rina.
Vriendin van my het nou al haar hoeveelste Bull Terrier en die vorige een kon jou bene onder jou uit hôl. Sy sweer by hulle, wil geen ander hond op die erf hê nie
11 jaar 7 maande 1 dag 9 ure oud


'n Hele paar waarhede wat jy hier kwytraak! Ons het Labradors en glo my: hulle is 'mense'.
11 jaar 7 maande 1 dag 11 ure oud


so bring liefde ook verantwoordelikheid mee.
maar jou verlange beskryf jy ook stilweg mooi.
11 jaar 7 maande 1 dag 13 ure oud


stukkie
hoe waar is dit nie net nie. dit waarvoor jy moes swoeg en sweet is dit wat jy op die ou einde meer treasure - meer oppas en dit het soveel meer waarde as al die ander voor die handliggende dinge en dit wat ons "for granted" vat.

en selfs al het ons 'n stukkie agtergelaat het dit ons nie armer gemaak nie, miskien meer verryk, meer insiggewend, en meer dankbaar
11 jaar 7 maande 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar