Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lees: Rom. 5:11-21

Kom ek sing ’n bietjie soos ’n imbongi oor God se verstommende genade.

Dink net, daar in die begin het God hierdie mens-familie vir Homself geskep. Sy ewebeeld in mens-vorm, met ondenkbare, buitengewone en bonatuurlike vermoëns om hierdie nuwe wonderlike wêreld rondom hulle, met al die ander wesens daarop so te bestuur en te versorg dat alles in perfekte harmonie is, ’n perfekte ekosisteem.

Dit is vir my so moeilik om hieroor te dink en te skryf, want al wat ons vandag ken is stukkende mense in ’n baie stukkende, eko-siek skepping waar die sonde van die eerste wesens en die dood as gevolg daarvan, elke sel van alles wat lewe, deursuur en verwring het.

Daardie perfek geskape mens-familie van God het die ondenkbare gedoen naamlik om teen die wil en plan van hulle Skepper-Vader in opstand te kom en hulle eie kop te volg. So is die pandora-boks vol sonde en dood oopgemaak wat alles, alles, alles besmet en onherkenbaar verander het tot op DNA-vlak.

Verstaan mooi, nie dat dit die Skepper-Vader verras of onkant gevang het nie.

Reeds voor die skepping het Hy geweet wat kom. Hy het toe al geweet Hy loop hierdie risiko as Hy ’n mens-familie maak na Sy ewe-beeld in mens-vorm, met die wilsvryheid om self te kies, ja, selfs teen hul Skepper-Vader se Plan en wil in te kies.

Daar voor die Skepping het God in Sy wese as ’n Vader, ’n Seun en Gees, eenstemmig gekies om hierdie mens-familie steeds te bly liefhê te spyte van hulle rebellie teen Hom as hulle Skepper.

Maar God het ook gekies om hulle genadig te wees. Al sou dit vra dat God die al-offer moes bring.

Ja, God het besluit om ’n gewone mens te word om Sy perfekte plan vir mens-wees voor ons oë te kom uitlewe. Hy het geweet hierdie stukkende, siek mens-familie van Hom sou weer en weer kies om teen Sy perfekte plan te rebelleer en hulle by die vyandige demoniese magte te skaar. Hulle sou kies om Sy profetiese woord oor Sy verlossingsplan vir die mens nie te glo nie.

Daarom sou hulle Jesus die Christus soos ’n misdadiger behandel en doodmaak deur Hom te kruisig.

Maar dit was al manier vir die Skepper-Vader om hierdie mens-familie van Hom genadig te wees en ’n anti-middel te skep waarmee Hy hierdie sterwende, siek mens-familie kon inspuit met nuwe lewe wat eers hulle gees en dan stelselmatig hulle siel en liggaam, tot uiteindelik op DNA-vlak, wanneer Hy selfs aan hulle nuwe liggame gaan gee, hulle werklik geheel en al nuut oor skape.

Die Skepper-Vader bied in Sy genade hierdie geskenk van nuwe lewe in Christus Jesus vir Sy mens-familie aan as Hy vir hulle deur die Evangelieboodskap sê: Glo in die Here Jesus en julle sal gered word.

Hoor dit daar in Joh. 3:16-18 as daar staan: "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.”

In Joh. 1:12 staan dit so: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar hulle is uit God gebore.”

Hierdie genade geskenk in Christus Jesus behels dus vergifnis van sonde, maar ook volkome verlossing van die mag en houvas van sonde. Dit is ook die sleutel wat die lede van die mens-familie wat dit glo en hierdie geskenk van genade dus vat en hulle eie maak in geloof, inlei in ’n nuwe lewe, ’n nuwe skeppingsproses wat hulle na gees, siel en liggaam as’t ware stelselmatig nuut oor skape.

In Johannes beskryf Jesus dit self as ’n wedergeboorte; om as’t ware nuut en oor gebore te word.

In 2 Kor. 5:17 word dit beskryf as ’n nuwe skepping waarvan ons dan deel word.

O, hoe merkwaardig, ondenkbaar wonderlik is God en Sy genade aan ons nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar