Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Boodskappe aan jou geliefde, wat ons altyd moes sê maar nie gesê het nie. Dit speel af in die gedagtes van ‘n man net voordat hy elke oggend die huis verlaat oppad werk toe.

------------

Die luggie is fris. My motor staan alweer buite omdat ek te moeg is om die motorhuis oop te maak as ek laat gewerk het. Ek sien nie uit na die koue leersitplekke op my boude nie. Die druk by die werk maak my tans dood maar ek moet want werk is skaars.

Ek is jammer ek werk so laat. Ek is jammer dat ek soms van die werk se stres saam met my huis toe bring. Ek wil dit nie so hê nie maar dit gebeur. Met wie anders moet ek daaroor praat, of in ons geval, dit op uithaal. Ek kan nie by die werk nie, daar moet ek in beheer wees. Ek is jammer dat jy soms my emosionele boks sak is.

Dankie vir dit. Dankie dat jy my steeds lief het in hierdie stadium van my lewe. Dankie dat jy selfs net met ‘n halwe oor luister na my probleme. Dankie dat jy so mooi na die kinders kyk en verseker dat daar liefde in die huis is. Ek hoop en bid dit kan so wees vir altyd.

Lekker dag my lief.

Jou man – die een wat altyd sy mond hou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My genade Willem!!!
Sjoe!!! Maar jy slat darm die spyker op die kop met die ene!!! Ek dink jy lei 'n geheime lewe - ene waar jy getroud is en kids het en sukkel met al die lekker dinge wat daarmee gepaard gaan....... Hoe anners sal jy nou sooooooo goed weet waarvan jy praat????
11 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar