Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Boodskappe aan jou geliefde, wat ons altyd moes sê maar nie gesê het nie. Dit speel af in die gedagtes van ‘n man net voordat hy elke oggend die huis verlaat oppad werk toe.

----

Iemand het aambeelde aan my ooglede vasgemaak. Ek is moeg, die donderse voëltjies tjirp ongelooflik hard vanoggend. Vanaand kom ek vroeg huis toe.

Ek kon sien dat die laat werk jou begin vang. Jou halfhartige soentjie toe ek instap gisteraand was ‘n goeie indikator van jou gevoelens. Ek raak ook moeg vir jammer sê want jy het ook ‘n hand hierin. Jy hou van ‘n groot huis en mooi karre om die kinders in rond te ry. Dit vat geld om dit daar te kry. Skaal af met jou aardse behoeftes en ek skaal af met my werk.

Geniet jou dag in die huis.

Jou man - die een wat altyd sy mond hou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar