Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tema: Boodskappe aan jou geliefde, wat ons altyd moes sê maar nie gesê het nie. Dit speel af in die gedagtes van ‘n man net voordat hy elke oggend die huis verlaat oppad werk toe.

---

Die dag het gister baie goed geëindig en ek was normale tye by die huis. Daardie verdomde projek wat my aande besig gehou het, is uiteindelik klaar en oorhandig.

Ek was so bly daaroor. Ek het regtig goed gedoen met die projek en ek het wel baie opofferings gemaak tydens dit en ek weet jy het ook en ek is dankbaar daarvoor. Ek wou gisteraand so graag die geluk met jou deel. Net ‘n tydjie alleen afknip en jou in my arms ontvou en vertel van hoe sterk en gelukkig ek voel as ek so iets in my lewe regkry en ook vir jou vertel van die belangrike rol wat jy daarin speel.

Ek het dit nie onduidelik gemaak nie. Ek het vele kere gevra dat jy net langs my moet kom sit op die bank, maar jy het nie. Ek het aanhou sit in die hoop dat jy dit raaksien maar jy en die res van die gesin het om my geloop soos ‘n klomp miere op ‘n piekniek om al die slegte kos sal loop.

Ek wil net eksklusief lief gehê word, net vir 30 minute, alleen saam met jou. Sonder die kinders, sonder die huiswerkies in die pad, sonder die lewe wat inmeng. Net ek en jy alleen.

Liefde,

Jou man - die een wat altyd sy mond hou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar