Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jip. Ek bedoel dit. Ek wil vrek om weer lewendig te voel. Hoeveel van ons mensdom donder nie elke dag deur die lewe nie.

Word wakker, loer, en gril vir die persoon langs my lê en wonder wie de hel dit is, en sy lê al hier vir meer as tien jaar daar. Wurg een of ander plastiek ontbytgraan af vir ‘n supposed gebalanseerde dieet.

Kom by die werk aan waar dit voel of jy met ‘n sweep geslaan moet word om jou werk te doen. Jy wonder of jy wel daardie chick met die sweep wat adverteer by die porno winkel moet bel. Miskien sal ‘n sweep jou goed doen. Al wat jou vrou sal doen is om jou oor die vingers te tik en te sê, “Nee Hendrik, dit is hoe vêr mamma sal gaan”.

Na werk gaan jy gym toe net om te sien hoe jou lyf agteruit gaan as jy kyk na die ander mense. Gym is nie daar om jou beter te laat voel nie, dit bring jou net tot ‘n besef dat die lewe jou verbyglip terwyl jy sit en piekniek hou in ‘n parkie wat soos honde poefie ruik en dooie gras het.

Die aandete is dieselfde as die vorige week, jaar, getroude lewe. Die kinders is nie eers by die tafel nie, hulle is besig om te SMS voor die TV. Daar is ‘n gekrap aan die voordeur. Die hond is seker weer buite. As jy weer vir die kinders moet sê om die brak binne te hou gaan jy hulle weggooi.

Dit is net te veel. Jy moer die bord kos teen die muur. Sy kyk verskrik op, “en nou pappa?”. Na die voordeur. Hier moet jy uit. Pluk die ding oop.

Daar staan drie van hulle. Die lus vir kwaaddoen drup van hulle af. Die eerste een etter jou skuins op die kop met jou gunsteling 17 Gedore spanner. Jy probeer bybly.

Hulle kom die huis binne en maak amok tussen kinders en vrou. Los net die kinders. Los die vrou se vroulikheid asseblief. Die bloed voel warm soos dit in jou oog stroom.

Alarms in die verte. Die figure beweeg anders. Hulle is haastig en nie meer tergend.

Alles word swart.

Alles raak stil.

Word wakker, loer, en glimlag vir een wat haar lewe met my deel. Ek kan nie glo dit is tien jaar nie en ek is nog so verlief soos ‘n tiener op sestien. Die graankos kraak nuut onder my tande ....

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Met so titel moes ek dit net lees. Wow, goed geskryf - jy trek mens in om die emosies saam te ervaar. Bly jy's nog so verief - keep the fire blazing!
10 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


great Willem!!! Hierdie is 'n vreeslike treffende stuk laat mens baie dink!!!
10 jaar 5 maande 1 week 3 dae 13 ure oud


Briljant! (Gebalanseerde) Kos vir denke!
10 jaar 5 maande 4 weke 9 ure oud


LOL Willem
Baie oulik, en as ek nie van beter geweet het nie, sou ek jou geglo het, jy het dit baie oortuigend geskryf.
10 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud


stunning!..en so waar....ons almal kom op n punt waar ons moet vrek om weer te lewe....(waar is die dood wanneer jy dit nodig het?)
10 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


ek kan net WOW!! dis uitstekend!!
10 jaar 7 maande 4 weke 14 ure oud


Alles word swart
Het jou hap geniet, en verstaan die ernstigheid daarvan, maar het lekker gegiggel vir alles word swart.

Net die witgoud wat wit moet bly.

Groete vanaf die "swart" porseleintroon.

Djorhaainis
12 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Nick nack wack
So het duisende se sluitingsbetoë hul agterente gered
12 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud


Soms vergeet ons so maklik!
12 jaar 7 maande 1 week 20 ure oud


Mel
ek wil vrek...
Willem, ek is nuut by Woes en wil jou gelukwens met nie net 'n uiters goeie webwerf nie, maar ook skopkrag skryfwerk. Die spesifieke stuk laat mens dink...Groete Mel
13 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 13 ure oud


leen my jou spanner asb, ek wil ook oor die kop gedonner word dat ek lewend kan voel!!! selfde ou roetine elke dag, selfde graan vlokkies, selfde roetes, selfde alles. wat ek sa lgee om NUUT te voel. MAL vir die stuk!!! verwoord wat SO BAIE van ons voel Groete
13 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


Knick Knack Paddywhak...
Dankie Willem vir hierdie stukkie naakte onpretensieuse , rou emosie.Ek weet presies hoe jy elke emosiegolf ry want ek was al daar. Jy't my geinspireer om na 'n skryfstilte van 'n leeftyd, weer vervaard na my griffel te laat gryp.Jy ken die lewe; dit is duidelik... Al is jy 'n jong skrywer en al is die versorging nie altyd taalpuristies korrek nie - "jy kan gooi, broer". Prof. Rèna Pretorius het altyd van 'n RAAK - woord gepraat. Dankie , Willem, dat jy my uit my emosionele isolasie bevry het!
13 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar