Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die hele week brand die begeerte in my om vandag, Sondag, Sy huis te besoek. Weens omstandighede kon ek nie die week by die huis by my gemeente uitkom nie. Die plaaslike gemeente wat ek hier in Dannhauser besoek, het nie vandag enige diens gehad nie.
'n Kollega nooi my om saam na die CRC (Christian Rival Church) te gaan.
Hierdie is 'n gemengde gemeente waar Indier, Swart, Kleurling en Wit gelowiges saam aanbid. Die Pastoor is 'n Indier. Dis 'n klein gemeente en daar was seker maar sowat 60 mense teenwoordig.
Soos ek spoedig agterkom is die gemeente basies Pinkster ge-orienteerd. Hulle klap net nie hande, soos wat ek gewoond is in.
Mense, wat 'n ervaring. Hartlik word ek welkom geheet deur een en almal. Hand geskud en teen die bors gedruk.
Van die oomblik wat ek by die deur ingestap het kon ek absoluut Sy heilige teenwoordigheid voel. Ek was op Heilige grond.
Die een Pastoor open met 'n kragtige gebed. Vooe ek myself kon keer se ek kliphard amen op iets wat onder die gebed genoem is. Nog amens gaan op.
Die sang was net iets ongelooflik. benoud het ek paar maal na die dak geloer. Bang dit gaan oplig van die jubelende en juigende sang wat opstyg. Spontaan lig ek my hande om Hom te loof en prys.
Sonder enige nota lewer die Pastoor 'n boodskap wat elkeen van ons tot stilstand bring. Hy draai geen doekies om nie. "Kom tot stilstand, vra jouself af waarheen is jy op pad? Is jy nog binne Sy wil?"
Nagmaal word bedien. Nee, nie in die banke nie. Ons word na vore genooi. Elkeen kry sy stukkie brood en glasie wyn. Nou ruil jy uit met die persoon langs jou en doen ook 'n gebed vir daardie persoon. Die trane sit vlak want ek voel so bitter klein en nederig voor Sy aangesig.
Hartlik word en na die diens genooi om weer te kom besoek.
Nou, terwyl ek besig is om iets te ete aanmekaar te timmer, het ek ook baie stof tot nadenke.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nog n ervaring
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
3 jaar 9 maande 2 weke 3 ure oud


kerk
Jan as die behoefte daar is kry mens oral sielsbevrediging in enige kerk
3 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


Christian Revival Church
Dis wonderlik! So is daar altyd 'n oase as mens dit nodig het.
3 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud


Nog 'n ervaring


Enige geestelike ervaring glo ek is in God se wil as 'n mens daarvoor vra. En die feit dat jy op uitnodiging gegaan het wys op die leiding van die Gees.
Sterkte verder.
3 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar