Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy weet jy bly op die platteland wanneer jy na 13:00 op ’n naweek inkopies wil gaan doen en jy kan nie.

Potchefstroom geniet ek baie maar winkel ure is hier dieselfde as toe ek ’n kind was in die stad. Winkels maak vyf uur toe in die week en naweke is dit tot 13:00 en party winkels maak net nie Sondae oop nie.

Die groot kettingwinkels bly darem ’n rukkie later oop maar dit is ook maar net ’n rukkie. In die begin het dit my redelik frustreer omdat ek as koper nie in ag geneem word nie. Weet hierdie mense nie van voortbestaan en ordentlik besigheid doen nie?

Ek het toe maar begin aanpas, beter beplanning. Ek ry nie meer net die heeltyd dorp toe nie as ek agterkom ek het iets vergeet nie. Ek trek nou ’n lysie op en dan ry ek. Dit klink dalk of ek in die hel is maar ek dink regtig dat die stad weer kan terugkom na hierdie tye toe.

Ek dink nie ons neem altyd die mense agter die till in ag nie. Hulle het ook geliefdes en huise en wil ook maar graag na werk huis toe gaan. Nou kan hulle ook ’n normale lewe hê deur voor donker by die huis te wees. Hoe aaklig moet dit nie wees om winkel oop te hou tot 20:00 en dan dinge op te ruim en dan jou kinders te gaan sien.

As jy wel jou werkers net 8 ure wil laat werk dan moet jy twee skofte hê. Wie betaal vir hierdie ekstra uitgawe? Jy natuurlik.

Ek het eenkeer gelees dat een of ander Europese land ’n verbod geplaas het op 24 winkels want navorsing het begin toon die daar ’n afbrekende effek op gesinne was omdat die ouers die heeltyd werk.

Maar hoe gaan ons terug gaan na sulke tye? Gaan wit tannies met hoë hakke op Sandton square toyi-toyi vir die ou ure stelsel?

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Normale ure
Ek is nie een wat maklik simpatie uit deel nie, maar vir sussies het ek nie tyd nie. Die winkel personeel wat so "bietjie" afwyk van die normale ure is 'n "sondagskool uitstappie" as jy dit vergelyk met verpleeg personeel en ander fasette van die mediese beroep. Ek wil weer terug kom na die verpleeg personeel wat 12uur skofte werk dag of nag - en dan word hulle emosioneel getap en fisiek gedaan. Mediese personeel het seker die hoogste egskeidingsyfer en 'n gekompliseerde gesins verhouding. Ek het die grootste respek vir verpleeg personeel dis verseker nie vir "sussies" nie!
13 jaar 4 maande 4 weke 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar