Rubrieke

Titel: Nostalgie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sit ek vanmiddag, na 'n heerlike middagslapie op die stoep, op my eentjie en ontspan met 'n glasie rooiwyn. interessante boek om te lees op my skoot.
Ek kan egter net nie aan die lese kom nie. My gedagtes bly dwaal.Ek wil nie dink nie, ek wil my boek lees. My gedagtes wil egter net nie saamspeel nie.Dus laat ek maar gaan.
Uit die bloute is ek weer 5 jaar oud. Sien ek weer vir my en Ouboet daar op die plaas.Ons was bitter arm en het nie speelgoed gehad nie. Dit het ons egter nie ondergekry nie.Sardienblikkies was ons karre en Surfbokse ons lorries. Skoenbokse was ons "mansions" op die plase wat ons gebou het. Stokkies in die grond was ons boorde en wingerde. Klippies ons skape, bokke en beeste.
Verjaardae het verby gegaan want daar was net nie geld vir geskenke nie. Na skool het daar 'n verrassing gewag. Die buurplaas se 4 kinders is genooi vir jellie en "custard." Dan kon ons na hartelus speel, gil en baljaar. Ons seuns is selfs toegelaat om dan kaal in die modder plaasdam te gaan swem.
Sondae, na kerk en Sondagskool is ons haastig van die dorp af terug plaas toe. Dan is die mandjie gepak. Ons en die Schneiders van die buurplaas, gaan langs die rivier braai en piekniek hou. Die Bree-rivier het oor albei plase geloop. Komberse is onder reuse koeltebome oopgegooi vir Moekie en tannie Babsie. Boelie en oom Niclaas het vuur gemaak en gebraai terwyl ons kinders in 'n vlak poel geswem en baljaar het.
Sal ek ooit daai gestolde beet, wortel en komkommerslaai vergeet.
Koningskos saam met die vleis, wors en braai-broodjies.
Drie myl moes ons na die hoofpad stap on die bus na die skool op Bonnievale te kry. My driewiel met 'n stuk tou aan Ouboet se fiets vasgemaak, sodat hy my kon tou.
By die skool wo die Juffrou op 'n keer vir my 'n paar skoene gee omdat die winter so bitter koud was en ek kaalvoet skool toe gekom het. Ons klomp plaaskinders het mekaar egter "gedare" om te sien wie kan die langste in hierdie koue kaalvoet skooltoe gaan.
Saterdae het ek en Ouboet elkeen 'n tiekie gekry vir lekkergoed wanneer ons dorp toe gegaan het. 'n Tiekie se deurmekaar lekkers het jou 'n hele week gehou. Die oom agter die toonbank vat 'n stuk koerantpapier en draai dit soos 'n "icecream con." Dit word vol gestop met lekkers uit verskillende flesse wat op die toonbank staan. Einde van die maand het ons elkeen 'n sikspens gekry. Mense, dan was ons die rykste op die aardbol. Dan kon ons ook 'n "Surprise Packet" koop. Dit was 'n pakkie met 'n paar lekkers en 'n speeldingetjie in. As ons werkilik soet was, iets wat selde gebeur het, het ons 'n sjieling gekry. Dan kon ons deurmekaar lekkers, "Surprise Packet" en 'n roomys koop!
Eenkker per maand het Boelie vir Moekie, tannie Babsie en ons klomp kinders by die biscope gaan aflaai vir die mattinee. Soos ons gese het het: Metnie.
Gereeld is daar naweke oor en weer gekuier tussen ons en die Schneiders. Net so gereeld het ons elkeen 'n goeie loesing gekry. Wat is nou lekkerder om koei te ry? Ongelukkig wil die koeie dan nie daardie aand melk gee nie.
Nog 'n lekkerte was sinkplaat ry. 'n Stuk sinkplaat is voor omgebuig sodat die punt in die lug wys. Dit was om aan vas te hou as jy by die steil damwal afseil.
Om by Oupa en Ouma op Mantaque te gaan kuier was nog 'n hoogtepunt. Ouma het altyd die lekkerste soetkoekies en sulke reuse boerbeskuite gebak. Oupa het daai jare by Kazusa, 'n gemmerbierfabriek, gewerk.Ek en Ouboet kon drink tot ons omval. Gewoonlik was kasterolie die nagevolge, maar volgende keer doen ons dit maar weer.
'n Kar se getoet ruk my terug na die werklikheid. Traag neem ek afskeid van die lekker herinneringe. Dit was bitter swaar dae, maar seker die beste tyd van my lewe.
Ongelukkig kan mens nie die horlosie terugdraai nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nostalgie
Sonder geld of min geld is beslis nie arm nie! ! Hier lees ek dit dan self! Heerlike leesstof!!
4 jaar 5 maande 2 dae 6 ure oud


Nostalgie
Jan, hier skryf jy my, kan ek maar sê poer-in-my-moer!- my eie kleintyd terug met die armoede, eiegemaakte speelgoed, die fliekery, die goedkooplekkergoed, gebuigde sinkplaat en... en... en...

En wragtag man, ek 'nostalgeer' my kinderdae se armlikheid as 'n onverstane rykdom wat koestering van terugverlang waardig is.

Puik geskryf my maat!
4 jaar 5 maande 4 dae 13 ure oud


Nostalgie
heerlik aan hierdie ryke nostalgie gelees.. dit is soos Corina se...
4 jaar 5 maande 4 dae 14 ure oud


Nostalgie . . .
jy het 'n ryk kinderlewe gehad. Geld kan dit nooit koop nie!

Dankie Jan . . .
4 jaar 5 maande 4 dae 20 ure oud


nostalgie
Jan dit was nou n heerlike terugreis saam met jou wat so baie herinneringe by mens opwerk Daardie mattinees,,, ek was elke Staterdag middag in die bioskoop daar op Ficksburg. dit was n belewenis. Ons het altyd die comic, die trailers, dit was nou goed soos Zorro, Dick Tracey ens gehad en dan die hoofprent. speelgoed het ook maar uit tolletjies en visblikke bestaan.
4 jaar 5 maande 4 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar