Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Net soos Corina deel ek graag die kommentaar wat ek vir die nuwejaar- en waterprojek ontvang het, met julle.

Met altwee my gedigte bydraes het ek 'n derde plek behaal. Baie dankie, ek is verras en waardeer dit opreg.


1)Nuwejaarsprojek:

(A) Ek het die woord 'daydream' gebruik en stem ek heelhartig saam met die  
      beoordeelaar dat 'dagdroom' 'n baie beter woord is.

(B) Ek was te lui om die regte benaming vir Indian Miner te gaan naslaan, en het
      dit toe verkeerd gespel. My eie nalatigheid.

(C) Die beoordeelaar bevraagteken die volgende aanhaling:

'n naaldekoker op 'n padda op 'n blaar. Hy/sy meen dit moet liewer of 'n padda of 'n blaar wees.

Hiermee verskil ek. Ek het self gesien hoe dryf 'n padda op 'n waterlelieblaar (groter as 'n diepbord) stroom af. Die plant het baie lang stingels. En verder sit 'n naaldekoker op 'n padda. 'n padda kan nie op sy eie dryf nie, net inspring, swem en uitspring.

2) Waterprojek:

Ek haal die beoordeelaar aan:

Die aanslag, en juis omdat die skrywer die kruisdood as visioen sien met 'n watertema is nie regtig 'n huwelik in die ware sin van die woord nie, tog het die vloeistoftema 'n indrukwekkende showstopper geword reg deur die vers. Ek is beïndruk nieteenstaande die feit dat ek 'n broertjie dood het aan religieuse tematiek.

A)
(i) Jesus was dors vir water en (ii) toe die soldaat in Sy sy steek het daar water en bloed uitgekom.

Vanaf Genesis tot Openbaring is water simbolies die afwassing van sonde en bloed, die doodoffer wat dit moontlik gemaak het.
Dat die beoordeelaar meen dat die watertema soos hy/sy dit stel, nie regtig 'n huwelik is nie, verskil ek absoluut mee.

B) Dat die beoordeelaar sonder meer noem dat hy/sy 'n broertjie dood het aan religieuse tematiek het ek 'n groot probleem mee.

Dit plaas myns insiens 'n groot demper op baie van ons Woesters, wat as wedergebore Christene, oorborrelend oor boodskappe uit die Woord en oor ons geloof skryf.

Net maar my beskeie mening.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kommentaar
Dankie dat jy jou kommentaar hier kom deel. Julle moet onthou dat die beoordelaar geen kennis dra van wie die skrywers is nie. Ek stuur slegs die bydraes met n nommer aan en ontvang dit weer so terug met die kommentaar en aanwysing van die wenners.

Ek ditto vir Vic en Corina in hulle kommetaar en neem ook kennis van jou opsomming oor die kommentaar Bets
4 jaar 7 maande 6 dae 17 ure oud


Kommentaar
Ek ditto absoluut wat Vic sê.
4 jaar 7 maande 6 dae 21 ure oud


***
Dankie dat jy die kommentaar met ons deel -- dis verrykend om te sien hoe ander na bydraes kyk.
4 jaar 7 maande 1 week 13 ure oud


Kommentaar - Corina
Corina, wat my betref, slaan jy die spyker op die kop in die laaste gedeelte van jou kommentaar. Hierdie "slimjanne" probeer van iemand maak wat hy/sy nie is nie. Elkeen skryf op hy/sy eie unieke manier, en vertel 'n storie soos dit in sy kop opkom. Probeer bv. verander aan oom Sneeuwolf se manier van vertel, en niemand sal belangstel nie.(ek gebruik dit net as 'n voorbeeld)
4 jaar 7 maande 1 week 19 ure oud


O ja . . .
ek wou nog sê: Daardie gedig van jou waar jy die paralel trek met Jesus se 'dors' aan die kruis en die les van ons 'dors' in Hom, is vir my persoonlik diep, diep, diep. Diep.

Ek voel innig jammer vir hulle wat dit nie so kan insien nie.
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


Kommentaar
Dankie dat jy ook jou kommentaar hier deel. Dit behoort baie Woesters te help as ons hierdie dinge met mekaar in die oopte bespreek.

Ek hoor jou hart en ek stem volkome met jou saam!

Ter wille van ander wat ook hierdie rubriek van jou lees:

Dis hoe ek voel oor kritiek:

Redigeerders is gewoonlik mense wat weet waarvan hulle praat, dikwels self skrywers wat 'dit gemaak het' in die skrywerswêreld. Hulle sal altyd goeie raad kan gee. Daar sal altyd tegnies ruimte vir verbetering wees aan my skryfsels. Daarom neem ek kritiek op my tegniek ter harte en pas dit met graagte toe.


In die kunste (alle vorme van kuns) sal die kunstenaar egter ook altyd uitgelewer wees an die 'likes and dislikes' van die beoordelaar/redigeerder se persoonlike opinie, geloof, ongeloof, ens. Daarom kyk ek na kommentaar met 'n oop kop en 'n dik vel. My tema's en my harttaal is vir my ononderhandelbaar en as redigeerders nie daarvan hou nie, staan dit hulle vry. Die kapittelling en die afkeer bly steeds slegs húlle opinies. Dan moet hulle maar lees dit wat hulle van hou. Ek skryf vir dié lesers wat van my temas hou en dit graag wil lees. Ek weier om my boodskap te konformeer ter wille van gewildheid. Hierdie nuwe(r) oortuigings gaan dikwels weer verby en moet plekmaak vir weer nuwe(r) oortuigings. Die boodskap wat ek wil oordra, is nie verbygaande van aard nie.


4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


Kommentaar
Kommentaar en eerlike kritiek is noodsaaklik vir 'n groei proses.
Maar ons mag op ons beurt saamstem of verskil van die kommentaar wat ons ontvang.
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 6 ure oud


*
Let wel, dit beteken nie dat kommentaar nie 'n goeie ding is nie, dit help baie en bou aan die werk deur iets voor te stel.
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 6 ure oud


Nuwejaars.Water
Ek stem saam met jou. "n Skrywer moet skryf wat hy sien en wat ht voel en die beoordelaar moet hom in die skrywer se skoene plaas. Maar dit is andersom, hy dink hy weet wat jy voel en wil sê en jy moet dink soos hy want hy wil dit lees soos die boek voorskryf. Maar ons weet almal dat wat die boek sê en die wat werklikheid is twee verskillende dinge is.
As jy voel en weet dat is reg, of hoe jy dit wil sê, laat die beoordeelaar in die dam gaan spring en saam met die padda sing.
Jy is uniek in jou eie reg en het jou eie styl.
PS. Ek is nie 'n geleerde ou met dik brille nie, net nog 'n aap wat sê wat hy wil sê soos ek dit wil sê. (oops ek gaan in die moeilikheid kom.)
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar