Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe sal ek beskryf hoe ek oor jou voel, my liewe kat? Hoe ek gevoel het, toe ek netnou op jou afgekom het – steeds warm, maar dood?

Hoe sal ek beskryf hoeveel vreugde jy my gegee het in die kort ses maande wat jy, teen my sin, in my ewe gekom het? Hoe jy, klein bondeltjie energie, in my hart gekruip het?

Hoe ek so bang was dat jy weggeloop het in die eensame woonstel in Johannesburg –toe jy heeltyd agter die stoof ingekruip het – seker bang vir die lawaai van die stofsuier. Hoe jy ten spyte van ń altyd vol waterbakkie, jy verkies het om uit die glas op my bedkassie te drink – amper asof jy geweet het ek sien jou nie as ń dier nie, maar as ń mensie – een wat kon liefde gee en troos wanneer jy agtergekom het dat dit nie goed met my gaan nie.
Wie sal weet van hoe lekker dit was om jou dop te hou terwyl jy met alles gespeel het – van my LipIce, die sponsie wat uit my pilhouer gekom het, of sommer wanneer ek jou, vir die snaaksheid, ń Chuckle sjokolade gegee het? Die plastiek balletjie met die vere – mens sou sweer dit was ‘n regte voël wat jy gevang het. Hoe jy soos ń mal ding die deur die woonstel gehardloop het en oor die meubels gespring het asof jy ń tier was, op soek na ń prooi.

Hoe jy, op jou eie, vir ure in en met ń lee plastieksak kom speel? Of hoe jy my tone onder die kombers aangeval het – so asof dit ń monster was. Hoe jy my beloer het as ek in die gang afgestap gekom het – bene opgetrek en reg om my te bespring? Hoe jy agter my aangehardloop gekom het waar ek okal in die huis beweeg het.

Ek onthou nog hoe bang jy was om elke naweek in die motor te ry as ek huistoe gekom het – jou maer pootjies wat deur die raam van die katdraer gesteek het, op soek na gerusstelling?

Ek sal nooit vergeet hoe jy saans by my kom lê het nie – jou liggaampie in die palm van my hand gevou toe jy nog klein was, en later, toe jy groter geword het, teen my kom neerplons het – op soek na warmte maar ook om te troos en maatjie te wees vir my, daar op my eie. Hoe lekker dit was as ek gedurende die nag wakker geword het en jou lyfie op die kussing gevoel het terwyl jou enjintjie saggies geloop het.

Hoe jy die eensaamheid van die woonstel verdryf het met jou skrale liggaampie maar jou reuse teenwoordigheid. Hoe jy my hand aangeval het as ek die TV se afstandbeheer vasgehou het – gretig dat ek eerder met jou moes speel.

Ek onthou ook hoe lekker ek gelag het vir jou speelsheid – van die min kere die afgelope drie jaar wat ek spontaan en hartelik gelag het.

Ek is jammer dat soms met jou geïrriteerd was as jy oor my rekenaar se sleutelbord geloop het en allerhande vreemde letter in die middel van my eposse en dokument ingetik het – jy was so lief om op die sleutelbord te lê, en op die skootrekenaar. Was jy dalk jaloers omdat ek so baie aandag en tyd daarmee
gespandeer het?

Ek is seker dat jy nie mooi verstaan het dat die muis-wyser nie ń regte ding was nie, maar jy het dit steeds bly jaag asof dit ń insek was – of het jy probeer lees wat ek skryf?

Jy was so oulik in die manier en plekke waar jy aan die slaap geraak het – skeef oor ń bank se leuning, op die DVD speler, langs die boek oor voëls by Thabela Thabeng, in die gleufie tussen die TV en die TV Kabinet en natuurlik die sonnige hoekies.
Ek het so gehoop, toe ek terug gekom het huis toe, dat jy die oopheid sou geniet – baie benoud dat jy sou wegloop. Maar jy was so bang vir ou Sjokkies, dat jy dit min buite gewaag het. En dit was baie oulik toe jy met grimmige Bella, die ou Jack Russel probeer speel het – onbewus daarvan dat katte en honde nie eintlik saamspeel nie.

Dankie vir al die gevryery – hulle sé mens kan nie katte leer nie en dis dalk waar – dalk het jy my geleer om jou te soentjie en nie andersom nie – maak nie saak nie – was altyd vir my baie lekker as jy jou koppie teen my kom skuur het en my op die mond gesoen het.

Ek is seker jy het nie verstaan toe ek jou so paar weke terug nie meer in die kamer by my kom laat slaap nie – jou en Kats se speelsheid het gemaak dat Wilme nie goed kon slaap nie – en ek is seker dat dit vir jou ń gemis was – soos ook vir my. En nou sal dit altyd ń gemis bly, want jy is nie meer daar nie.

Jou klein liggaampie, met jou pragtige, sagte pels, is begrawe in die agtertuin. Jy sal nooit weet hoe ek gehuil het toe ek jou graf gegrawe het nie – jou wit, lewelose liggaam teen die bruin grond gesien lê het nie – hoe my hart gebreek het toe ek jou toegegooi het nie – vuil sand op jou skoon lyfie. En toe ek besef het dat ek jou nooit weer sal vashou of sien nie het ń klein stukkie van my doodgegaan.

Ek is jammer dat jy so bang was Donderdag toe ek jou gevat het om gesteriliseer te word – dit was die eerste keer dat ek jou hoor tjank/miaau het. Dit was ontsettend moeilik om daar weg te ry en te weet dat jy bang is, nie verstaan nie maar, het ek my getroos – dis net een aand, alhoewel ek geweet het dat jy seer sou wees die volgende dag. En, toe ek jou gaan haal het – het jy weer gehuil – nie seker of dit van bang of seer was nie maar dit was vir my baie swaar om te weet ek het dit aan jou laat doen. Ek is baie jammer as die operasie jou dood veroorsaak het, soos ek vermoed – en sal met die skuldgevoelens rondloop solank ek lewe.

Ek is jammer dat ek nie daar was toe jy dood gegaan het nie en ek is jammer as jy gely het en as jy bang en alleen was. Ek sou jou graag wou vashou en streel en jou vertel hoe belangrike deel van my lewe jy geword het. Ek sou jou vertel het hoe lief ek vir jou is en jou gesmeek het om aan te hou lewe – vir my onthalwe nie – jy was een van die min redes wat my hoop vir myself gegee het.

Dankie dat jy vir my lief was en my aanvaar het soos wat ek was – met al my knoppe en skete

Ek gaan jou is, my katjie. Meer as wat ek weet ek nog kan verduur.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar