Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

André P Brink skryf in sy roman Duiwelskloof: “ Kyk aan môre kan mens niks doen nie. Hy kom soos hy kom. Al waarmee jy nog iets kan uitrig, is gister. Maar die ding met gister is: hy bly nooit lê nie, jy moet hom altyd van voor af platslaan.”
ʼn Mens se groot taak in die lewe is seker om al meer mens te word in ʼn proses om al meer jouself te word.
Dit is die groeiproses waarmee ons besig is en die reis wat ʼn lewenslange onderneming word.
Uit hierdie paragraaf in Duiwelskloof is daar ten minste twee konsepte wat ons kan saamneem op hierdie reis en soeke na onsself.
Dit is: Ons het gister om mee te werk. Maar in dieselfde asem: gister moet jy ook altyd van voor af platslaan.
Om jouself te word, is ʼn proses van dekonstruksie! Dit is ʼn reis na gister. Mens moet eers alles aflaai wat so met die tyd saam opgelaai is, dit wat aan jou kom klou het, dit wat ander op jou gemors het, en dit wat jy sommer saamdra bloot omdat jy nie geweet het dat jy dit mag neersit nie. En as jy gestroop is van alles wat oor jare op jou kom klim het, bly daar eintlik nie veel oor nie.
Maar daardie naakte kern wat weerloos kaalgestroop daar staan, is wat jy het om mee te werk. Dit is die “jy” wat dan “jouself” moet word!
Van kleins af word ons eintlik ontmoedig om onsself te wees. Ons word konstant vervorm om ʼn bepaalde produk te word. Jou ouers leer jou praat. “Kom staan hier by Mamma en dan sê jy dankie vir die tannie” En as jy vra: “Hoekom?” Dan word daar gesê: “Omdat Mamma so sê!”
Die skool leer jou dink. As jy moeilike vrae vra, of vra of ander antwoorde ook dalk reg gemerk sal word, antwoord die juffrou: “Nee, ek wil daardie antwoord in die toets hê, dis wat die handboek sê.”
Word jy ʼn tiener en jy bevraagteken jou ouers se gesag en jy vra waarom jy dan nou nie mag nie, is die antwoord kortaf: “Nee, en dit bly nee, omdat ek so sê! Ek hoef nie vir jou redes te gee nie.”
Die kerk wil jou leer hoe om te glo. En as jy twyfel en kritiese vrae vra, word jy gou tereggewys met ʼn: “Moenie dink nie. Moenie vra nie. Glo net. Dis so want die Bybel sê so!”
En so drapeer jy jou in ʼn mantel van ander se denke en antwoorde, opinies en oortuigings.
Hier snou iemand jou iets toe, wat jou selfbeeld ʼn knak gee en daar maak iemand ʼn opmerking oor jou fisiese voorkoms wat vir ewig letsels op jou siel laat. Hier beloon iemand jou en daar straf ʼn ander jou! Hier kry jy raas omdat jy dit sê en daar word jy geprys omdat jy dat sê.
En so het almal, van jou oom aan vaderskant tot by jou kleinniggie aan moederskant…van jou kindertuinonderwyseres tot jou universiteitsprofessor ʼn invloed op wie jy geword het. Dit is nie noodwendig jy nie. Elkeen gooi maar net ʼn bestanddeel in die mengsel of plak nog ʼn lagie op jou menswees by.
En as jy dan hier êrens in die tweede helfte van jou reis na jouself begin soek, is dit nogal ʼn gedoente om deur alles te worstel wat volk en land, ideologie en anatomie, hormoon en kortisoon, en boek en Bybel aan jou gedoen en van jou gemaak het.
Jy skil jouself letterlik soos ʼn ui, met trane lagie vir lagie af. En dit wat oorbly, is dalk jy!
So, as jy op reis is na jouself, is dit soos wat oom Lukas in Duiwelskloof sê: “ Al waarmee jy iets kan uitrig, is gister!” Want as jy jou gister verstaan, as jy dit kan dekonstrueer en die invloed daarvan op jou hede erken en uitwys, ken en verstaan jy jouself.
Maar nou is die groot risiko daarmee saam, dat gister, as jy dit nie reg hanteer nie, by jou kan bly spook. Soos die ou Siener sê: “Maar die ding met gister is: hy bly nooit lê nie, jy moet hom altyd van voor af platslaan.”
Sien, groei in jou menswees het te make met die wyse waartoe jy bewus van jouself leef. Weet waarom jy dink soos jy dink. Weet waarom jy doen soos jy doen. Weet waarom jy lag en huil en kwaad word en verleë raak, en liefkry en gril. Probeer iets uitrig met gister. Jou verlede hou die sleutel waarmee jy selfkennis kan oopsluit.
Maar terwyl jy oopsluit en sien en verstaan en ontdek en vind… slaan ook plat. Want die ding met gister is: hy bly nooit lê nie!
Met dank aan my mentor vriend PJS.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gister
Ja-nee die ou koeie moet begrawe bly. Dankie vir die deel. Goed gepen.
4 jaar 1 maand 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar