Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kilometers vlieg verby terwyl die drafskoene ritmies op die teer klink. Reeds vroegdag het die wekker droomland se tyd ingekort en is daar met opgewondenheid die drafskoene met vele myle reeds weer daarop, aangetrek.

Dit is soms ‘n boksgeveg teen die donkerdieptes van depressie. En depressie is altyd ‘n opponent om mee in rekening te hou, wat die skelm haakhoue wat dit uitdeel neem soms die wind uit jou seile. Maar hier is die bokskryt is dit God alleenheerskappy wat altyd triomfeer. Soms solitaire – waar dit net God is wat jou skeidsregter in die hoek van die kryt. Soms saam ‘n drafmaat wat ‘n geesgenoot geword het en sakke sout saam jou verorber het. Maar altyddeur is daar ‘n gesprek – jy, God die teer en jou opponent.

Dit is my terapie teen die swart-en-wit bestaan van grenslynpersoonlikheid. My terapie wat gratis is – dit kos net genoeg motivering om jou drafskoene aan te trek, En dan is die stryd halfpad gewonne – om net op te staan uit die put en te bid om genoeg motivering te hê om aan en aan te hou. Met elke tree die depressie monster ‘n hik hou te gee. Om met elke tree die vars oggend lug dankbaar te kan inasem en lig en vry te begin voel… hoe meer ritmies die musiek van die drafskoene, hoe meer spoel die branders van troos oor al die seer wat niemand kan verstaan nie – net God. Die wêreld deur die rooskleurige bril van die sonsopkoms te kan waarneem.

Soms is dit ‘n resies met die spoke van gister wat doringdraad in jou hart gespan het. En soms pure vreugde om te ontdek dat rou wonde rowe kry en selfs letsels deur die draf balsem verdwyn het.

Wat ‘n wonderlike voorreg om aan die sport te kan deelneem! Beseringstye en teleurstellinge nie gevrywaar nie, maar dit die edelheid daarvan om jou beste telkens te gee. ‘n Simfonie te laat kroniseer tussen pyne wat die lyf maar tref, die dankbaarheid om te kan deelneem, soms pure opstand.

Maar moreoggend sal die wekker weer oudergewoonte lui en sal ek met nuwe vasberadenheid en dankbaarheid die drafskoene pak. En elke tree besef Here ek oorwin met U aan my sy! Die pad was beslis nie net afdraende nie maar vir nou geniet ek elke tree wat hierdie pad bied. Die bulte van bipolêre depressie oefen ‘n geestelike fiksheid waarvan die vyand jou nooit kan beroof nie selfs nie al is die pad nooit gelyk nie – altyd op- of afdraende! Maar God dank vir Sy wonderbaarlike oefenprogram! Dit is uniek. Dit was sweet om dit te besef. Sweet en soos Jakob met God te baklei om uiteindelik te aanvaar dat dit die beste is. Probleme is klitsgras langs die pad lastig vasklou, maar nou is die besef ‘n lig deur ‘n baie diep donkerte wat skerp besig is om te breek. En my hart het die simfonie van die tekkies gevind!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stem saam
Die beste terapie teen 'n donker gemoed is 'n goeie drafsessie.
4 jaar 1 maand 1 week 1 dag 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar