Projek: PROJEK – HANDE (2015-09-30 tot 2015-10-13)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 581
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Oct 2015
Ma se hande was omgee hande. Met daai hande het sy ons vertroos en pleisters oppie seer geplak. Sy het roompies vir sonbrand aan gesmeer voor ons innie son gegaan het of na die tyd as ons vergeet het, om te help met die brand. Anner kere weer het daai hande van haar mos nou vir ons mirresyne gegee vir gesond word. Kos en klere is met daai hande gemaak. En kyk Ma kan klere maak. So het daai hande Sus se trou-rook, haar matriekafskeid-rok en selfs ‘n Debutante Bal rok gemaak. Ma se hande staan vir niks verkeerd wat met hekel of klere maak te doen het nie.
Ouma Durban het sulke groot hande gehad. Daai weas gee hande. Haar hande het altyd oop gestaan. Vir party meer as vir ander maar sy het altyd gegee. Onthou nog daai laaste kuier van haar by my. Jong het Ouma en ek darem lekker gekuier op daai rooi voggies van die wingerd. Onthou hoe sy met Alida mos baklei om iets te vat wat sy wou koop. Sien Alida het nie Ouma se gee verstaan nie. Daai matras is nog steeds in ons huis op Snip se bed.
Ouma Kaap het kos maak hande gehad. Sy kon nie lees of skryf nie, maar jong sy kon kook soos min ander. Brêkvis by haar was ‘n feesmaal en jy het gesukkel om alles op te eet. Dan het middag ete gekom en daar was genoeg om ‘n hele army te voer. Vanaand was ditwer sulke tyd. Sy het met daai hande nie net gekook nie maar gewerk jong. Onthou hoe sy eenkeer kom kuier het. Binne ‘n week het sy ‘n nuwe besem op geveë.
My Oupas het altwee werkers hande geahd. Met hulle hande het hulle, hul bestaan gemaak. Een was ‘n mekaniek en die ander een ‘n boilermaker. Jy kon dit sien aan daai hande toe hulle oud word. Later het Oupa Kaap sy tuin met daai hande versorg. Van boom snoei het hy geken. Oupa Durban weer het met hout gewerk na hy afgetree het.
My hande is snaakse hande. As dit by goeters maak kom is hulle dom. EkK wil die kant toe dan gat hulle daai kant toe. Maar as dit nou weer by kos kom weet hulle van. Vra maar vir Pa en Alida. Ek ken van. Hulle is nie werk hande nie. Nee ek sit agter ‘n lessenaar en verdien so ‘n lewe. Tog my kinners sal erken hierdie hande kan Eina hande wees, maar ook omgee hande.
As ek so aan hande dink dan hoor ek vir Naas: “On the other hand, Darren.” Jong hande kan altyd aan die ander hand iets anners wees.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur neels claasen
Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel