Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Woorde wat soos vlinders deur die gedagtes sweef.

Ek het onlangs so ʼn bietjie nagedink oor die gewoontes en eienskappe van ʼn gelukkige, teenoor ʼn ongelukkige skrywer wat nooit tot die begin wil kom om daardie suksesvolle boek te skryf waaroor jy so baie droom. Elk is ʼn genie op sy eie gebied en jy kan gouer toetree tot sukses as wat jy dink –

Daar is ʼn menigte faktore wat lei tot selfbejammering sodat jy altyd ongelukkig bly oor wat jy nie kan raaksien en vermag nie. Hier is drie van die belangrikste struikelblokke om te vermy.

1.      Hoeveel wonder of dit die moeite werd is om te skryf?

Vir talle jare broei daar iets in die onderbewuste wat lê en wag om net die regte aansporing te ontvang om tot aksie oor te gaan. Baie mense ontdek eers die gawe met hul aftrede, wanneer hulle nie weet wat om met hul tyd te doen nie.

2.      Is daar al besin oor hoe en waar om te begin met die skryf?

Na soveel jare se onderdrukte talent is dit nie maklik om oor die regte onderwerp te begin skryf nie. Al het hulle soveel romanse gelees bly dit ʼn stryd of die woorde reg ingespan sal word. Slegs na ʼn jaar of meer se skryf ondervinding, groei die selfvertroue om daardie dormante storie die lig te laat sien. Skryf op sigself, is nie alles nie. Bevrediging kom eers as jy as skrywer met jou eie werk tevrede is en mense na jou werk begin vra. Gelukkige skrywers werk met ʼn doelgerigte plan om sy lesers op ʼn reis te neem deur ʼn woorde wêreld wat ander nie kan doen nie. Skryf verg passie.

In werklikheid het gelukkige skrywers ten minste ʼn 3,5 kern strewe. Dit is in wese ʼn stokperdjie om jou leser en jouself die vreugde en genot uit jou pen te laat geniet. Daarenteen het ʼn oppervlakkige en ongelukkige skrywer net ʼn gemiddelde 1,9 kern strewe. So as jy jouself met ʼn beperkte skryfstyl besig hou, stel ek voor dat jy vandag na nuwe horisone gaan soek, skryf is daar om te geniet.

3.      Beskik jy oor ʼn ryk woordeskat?

Het jy ʼn ryk woordeskat deur die jare opgebou wat sluimerend lê? Hierdie formule is baie eenvoudig: ʼn on-ontginde woordeskat is waardeloos vir ʼn erflating aan familie en volksgenote. Belê ongeveer 250 woorde elke dag op papier uit jou kosbare woordeskat en sien na so ʼn paar dae hoe jou toekomstige boek vorm aanneem.

Geen mens kan jou ideaal van jou vervreem, net jyself is daartoe in staat om dit te verwesenlik.

Dissipline, energie en ʼn goeie woordeskat is die eienskap van ʼn suksesvolle skrywer, wat ten volle sy aandag wy aan sy doelwitte en die mense waarvoor hy lief is. As jy in staat is om dit in gedagte te hou as skrywer, sal jy die vrugte pluk van deursettingsvermoë en met ʼn top verkoper boek in die hand staan.

Voorspoed in die skrywerswêreld. Fokus die gedagtes ʼn slag tot aan die oneindigheid en dan weer terug in die hede. Nou’s jy vuur en vlam, die gedagtes maal en flits deur die brein, maar verhoed dat die geheue vries onder die skrywerspen. Haal vir ʼn slag diep asem, jy het dit reggekry want die eerste woorde begin vloei op die skrywersblok...

27/10/2015 om 22h18.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ongebore vlinder woorde
Treffende titel. Goed uiteen gesit. En soos Shonda Rhimes gesê het: as jy 'n skrywer wil wees, skryf!
3 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Woorde
Dankie vir jou insiggewende raad en ek stem saam met my vorige vriende. Ek kan net vir PG du Plessis hier aanhaal, hy het gese, as jy 'n skrywer wil wees, moet jy vir jou goeie gom gaan koop dit aan jou stoel se sitplek smeer en gaan sit. Dan begin jy eers skryf, en jy skryf sonder ophou
3 jaar 7 maande 1 week 6 dae 7 ure oud


Ongebore vlinder
Ek ditto vir Kiekies. Ek is self skuldig.
3 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


woorde
Mag ek byvoeg en die skrywer moet seker maak dat hy weet waaroor hy skryf en weet aaroor dit gaan waaroor hy skryf
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae oud


Woorde
Jinne, nou praat jy baie waar!
Begin net....
Baie goeie raad!
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


Ongebore vlinder woorde
Raak woorde
Inspirerend

Weinige aksies het die helende remedie wat skryf.
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar