Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Daar was ʼn wese, klein en broos, skugter vir die blik van ander. Geen lig het ooit sy wêreld verbeeld; ʼn wêreld van gevoel wat die wese knus en warm omvou het. In die afsondering en eensaamheid het die wese dit self bevriend, en die vriendskap het ontwikkel in ʼn band selfs hegter as die tussen ouer en kind. Soms soos ʼn moeder wat troos en soms soos ʼn vader wat beskerm. In vreesaanjaende momente het die lig van die buite wêreld gedreig om die troos van isolasie te penetreer, wat die wese in dit self laat inkrimp het in ʼn desperate poging om ongemerk te bly. Soos die ongenaakbare soeklig wat tydens ʼn jag die den van ʼn moeder in pleeg ontbloot, so was die vrees wat openbaring gedreig het.

Die blik van ander was gevrees as die oordeel van die wese se waarde; as bepalend jeens die reg en aard van die wese se bestaan. Instink het die wese die blik laat vlug en aggressief die blik probeer verdryf. Desperate pogings om die blik te vermy het die vrees daarvoor aangevuur en die rustige en vreedsame aard van die ongestoorde wese versteek. Die blik was te kil, te hard en te eerlik. Die onbepaaldheid van die duisternis het die wese beskerm teen die vergestalting van die moontlikhede. Lig se kennis is te helder, te definitief en te finaal. Die beeld eens gevorm het die self daardeur vasgevang en die hoop van alternatiewe verloën. Al wat lig jou bied is aanvaarding of verwerping. Die oordeel kan nie meer geïgnoreer of uitgestel word nie. Dit word op die wese afgedwing.

Die soeker se lig ryk uit na die ander. Dit skyn die konneksie wat erkenning manifesteer. Afstand en afsondering word oorbrug deur die blik se strek. Die duister word verdryf deur die beeld ontbloot en die wêreld word chromaties geskets oor die grondslag van bestaan. Die soeker as lig ontdek en verryk die self deur die erkenning van die ander; en dit wat hulle deel. Die blik transendeer die inner dimensie en vestig die verband tussen die spektrum van ervaringe. Dit koppel die self konkreet aan die wêreld as tuiste. Dit verdryf die onsekerheid se houvas en lê bloot die landskap van die moontlike.

Die soeker se self groei in die lig van dit wat groter as die self is: die realiteit wat die self vooruitgaan en oorskry. Maar die wese se vrees en wantroue verhoed die lig om dit te vind. Waar ook al die lig sy blik rig; daar word slegs die suggestie van die wese se vorige okkupasie gevind. So asof die ruimte voorheen ingeneem nog nie volledig deur sy afwesigheid gevul is nie. Indien die lig dalk sagter verstel word, dalk dan sal die wese sy teenwoordigheid laat blyk. Miskien moet die lig stelselmatig die duister vervang teen ʼn pas wat amper onmerkbaar is, sodat die wese die skok wat erkenning bring geleidelik kan tegemoet kom.

Die inner vriendskap wat die wese verdeel word bedreig deur die blootleggende lig se helder fokus. Die enkelvoudige waarheid onderliggend aan die tweeledigheid sal die dualistiese dinamiek van die private vriendskap verdryf. Die wêreld van die lig, van die harde realiteit, kan slegs bevriend word deur die vrugbare dimensies van die duister deur die verligting wat die verbeelde potensiaal laat ineenstort tot die enkele realiteit moontlik onder aanskouing. Die emosionele band tussen die fasette van die wese, veg vir die verhouding se voortbestaan wat as integraal deur die wese ervaar word vir die behoud vir die wese se oorlewing en welstand.

Die onsekerheid stel die wese al meer afsydig in ʼn desperate poging tot selfbehoud. Redelike versekering van die groei wat die wese deur werklike interaksie te wagte kan hê word aangehoor as ʼn slinkse strategie met die doel om die self se mag oor dit self te verplaas met die mag van die objektiewe of onpersoonlike. Die belofte en hoop onderliggend aan die onbepaalde verskaf die wese die moed en geloof om beter te verwag. Iets reeds vasgestel ontken alle ander moontlikhede deur een te vestig as die enigste.

Maar die lig se gevoel is als behalwe destruktief. Dit is sonder vrees en onsekerheid, al is die insig ʼn samestelling van bepaalde dieper en vlakker fasette van die geïntegreerde geheel. Dit skets deur die beskrywings van waarnemings en verg die herintegrering of interpretasie van die dele in ʼn skeppende of oorkoepelende geheelbeeld. Intuïsie en beproewing slyp die diepte van die insig in ʼn soort samewerking tussen die sensitiewe inner kern en die toegespitste blik van die waarnemende publieke of gekoppelde komponent. Die rede staan verslae teenoor die skugter wese se onredelikheid. Is die groter waarheid nie in dit wat ons deel nie? Word die self nie aan bande gelê deur ʼn vrees vir die feite nie? Wat word bereik deur die rede emosioneel te beantwoord?

Sulke vrae ontstel net die wese, wat nie antwoorde wil formuleer nie. Valse redelikheid onder die wese se mag gee voor om redelikheid te verteenwoordig. Die pseudo-redelike antwoorde poog om die emosionele houvas onderliggend aan sensitiewe sake te verbloem sodoende die publieke aandring op redelikheid te bevredig. Die spel is suksesvol tussen wesens met dieselfde motivering, maar bots met ander wat die redelikheid toets. Dus word gesoek na medes om numeriese verdediging te bied.

So strategie stel die wese tevrede wat daardeur met rus gelaat kan word en die onderontwikkelde en oordonderde redelike komponent oor die redelikheid daarvan kan flous. Op terreine wat geen bedreiging vir die wese inhou nie, word die rede vrygelaat om te oordeel, maar wanneer die blik na binne toe gedraai word knou die wese die fondamente van selfbehoud self en saboteur so deur die krisis rede se spreekbeurt.

Die donker en die lig kan mekaar slegs vervang en nooit vind nie. Eerlikheid is onselfsugtig.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ongemerk alleen
baie interessante leesstuk, dankie vir die deel
6 jaar 2 maande 1 week 4 dae 11 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar