Weergawe: 1
Aantal woorde: 567
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 31 Mar 2012
Wat die oorlewing van die dood betref dink ek nie kan redelik of logies gestaaf word nie. Die geloof daarin maak wel sin binne die konteks van die mens wat sy eie identiteit prys en deur die lewens of oorlewingsdrang wat ons biologies motiveer. Weereens staan die persoonlike hoop van geloof teenoor die nie- persoonlike analise van die bekende feite en die logika deur die rede. Tot dusvêr het nog niks my van die geloof se hoop oortuig nie. Die wetenskaplike perspektief aangaande die biologiese en sosiologiese ontwikkeling van die mens en sy taalgebonde denke ontleed ons as fenomeen veel meer oortuigend.
Nogtans is ek as mens ook emosioneel gedryf. Sonder emosie is besluite onmoontlik. Emosie verskaf die motivering vir besluite. Dis in die emosie waarin die ek sy bestaan vind. In 'n sekere sin dus berus die persoon(lik)heid van 'n mens op 'sy' nie rasionele kant. Die gehegtheid van die mens aan homself wat deels die geloof in 'n onsterflike siel of gees verklaar is dus gebore uit ons emosionele en nie ons analitiese karakter nie. Die emosionele karakter interpreteer alles in terme van persoonlike relevansie en sal beide die verbeelding en die rede tot 'sy' doeleindes interpreteer. Selfs empatie is op die vereenselwiging van die self met 'n ander geskoei.
Die emosionele sy kan wel deur die insigte van die rede beinvloed word. Vele geestelikes volg die terugstaan van die self deur meditasie wat die rede ook verrig. Objektiewe kennis is per definsie, en praktyk, buite of onafhanklik van die self se selfgesentreerdheid. Die self word opsy geskuif sodat dit nie in die pad staan van die fenomeen wat ondersoek of verklaar probeer word nie. Die objektiewe realiteit verreis vele perspektiewe vir die subjek om 'n onpersoonlik gegronde beeld of interpretasie te vermag.
Vir baie is die mees objektiewe realiteit die bewuste onderbou van die ganse realiteit. 'n Entiteit beide totaal objektief asook totaal subjektief. Die heelal as 'n self. Vir ander is die realiteit ontsluitbaar deur die kreatiewe en intelligente ondersoek verbonde aan die abstrakte reëls van wiskundige taal. Die laaste aanslag het tot dusvêr veel meer ontsluit as wat enige ander dissipline of uitkyk nog ooit verrig het en dit hou ook die meeste belofte in om ons kennis en insig verder uit te brei en te verdiep vir die voorsiene toekoms.
Die wetenskap is nog steeds persoonlik gemotiveer al handel dit volgens objektiewe metodes. Sonder die persoonlike motivering sou daar geen wetenskaplikes hul lewens toegewy het daaraan om nog ietsie meer van die misterie vir ons almal te verlig nie.
Wat die attraksie van die dood vir baie inhou gaan my verstand te bowe. Hierdie realiteit is dit waarna hulle hunker maar sulkel om hulself in tuis te maak. Ek stel voor jy verstel jou fokus na buite om die lig weer na binne te laat dring voor die lig finaal deur die donker ingesluk word.
Lees ander rubrieke deur Jacques De Villiers
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur borrels
ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart
In die lig hiervan is nuwe stories oor die doel, sin en waarde van die lewe wat die lig kan weerstaan nou nodig. Rassisme wetenskaplik ongegrond, soos blyk uit ons gemeenskaplike herkoms. Antroposentrisme is nog 'n mite wat deur die kosmos se enorme strek in tyd en ruimte bevraagteken word. Die genetiese familie boom wys ook die mens as slegs een vertakking uit vele almal terugvoerend na die eerste reproduserende molekule.
Die wetenskap is wel ook 'n storie, maar dis een waarteen die ander gemeet word vir feitelike korrektheid asook ter ondersteuning of teenkanting van sekere stellings of uitkyke. Ek sê nie dat data alleen al ons vrae kan beantwoord nie. Ek sê wel dat die verhale waarin ons oor die waarde en betekenis van die lewe gesels, maar wat die wetenskappe teegaan, het vandag al hoe moeiliker taak om mense te oortuig. Ek twyfel of ons binnekort 'n storie wat hierdie kwessies bespreek binne die perke van vandag se kennis wat nog steeds ons almal saambind en deur generasies oorvertel word sal vind. Geen wonder ons stories raak 'n mix match van persoonlike voorkeure en oortuigings nie.
Interresant is ook die ooreenstemming van die wetenskaplikke siening oor die self as 'n gesofistikeerde illusie met die van die oosterse selfloosheid ideaal. Die interafhanklikheid en integreerdheid van alles insluitende die mens word ook gedeel tussen die twee tradisies. Die emosies stry vir die behoud van die ek, terwyl die rede en spiritualisme dit ondergrawe. Hier is nog 'n geval van hoe ons sienings, soos moraliteit, deur die objektiewe of selflose uitkyk beinvloed kan word.
Al verskaf die empiriese wetenskappe ons nie van antwoorde oor hoe ons moet lewe en optree nie, skep dit wel die konteks waarin ons die antwoorde moet vind. Ons kan nie meer fantasiëe opmaak of glo net omdat dit ons beter laat voel sonder om iets strydig met ons hedendaagse insigte kwyt te raak nie. Ons moet nou self besluit of die lewe vir ons betekenis het, wat die waarde daarvan is en hoe ons teenoor mekaar of ander wesens moet optree of nie. Dinge het of inherent waarde, of geen. Om na iets buite onsself en die waarneembare wêreld te verwys is nie meer tot ons beskikking nie.
Wat die bestaan of te nie van 'n intelligensie agter alles betref moet ons erken beide moontlike antwoorde is huidiglik nog slegs spekulasie of 'n geloofs saak. Maar hoe so geloof ons enigsins tot hulp staan sonder dat daarby allerhande ander dinge ook nog by geglo moet word, soos die direkte of indirekte kommunikasie van die intelligensie met die mens ter leiding van die ly van ons lewens, verstaan ek geensins. Of daar bestaan wel so wese wat hom oor die mens ontverm deur sy doel met ons lewens aan ons te verkondig, of, al bestaan so wese of nie, is die mens niks gegee of vertel om die wese se bestaan betekenisvol te maak of nie. 'n Afgesonderde god is prakties net so nutteloos en betekenisloos soos geen god.
My storie word geskryf sonder so wese omdat ek geen rede of doel vir sy bestaan kan vind nie. Indien dit verkeerd is om iemand is negatief aan te doen is dit verkeerd opsigself en nie omdat dit deur 'n god afgekeur word nie. Dus is moraliteit onafhanklik van god. Indien die lewe betekenis het, het dit betekenis buite die seëning van 'n god. Die betekenis is in die mens self opgesluit.
Die storie soos hierbo vertel slaag volgens my daarin om niks teenstrydig met ons kennis kwyt te raak nie. Ek is gretig om ander aan te hoor wat hierop kan verbeter.