Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil verder saam met jou Rom. 4 bekyk, maar nie bloot as maar net nog ’n Bybelhoofstuk waarin ons ’n klomp bybelstudiemateriaal vind wat ons ure lank kan besig hou nie.

Nee, ek wil in die volgende paar geleenthede saam met jou na hierdie hoofstuk kyk vanuit ’n profetiese perspektief, want ek glo God het hierin vir ons ’n profetiese woord gegee wat ons kan bemoedig, versterk en vertroos (soos 1 Kor. 14:3 sê die bedoeling van profesie is).

Ek beleef hoe God Sy mense uitdaag om soos ’n Abraham te waag om op Sy woord uit die boot te klim en daardie tree te gee op die water. Ja, God daag ons uit om op grond van Sy Woord en beloftes aan ons, te waag om God vir nuwe dinge, ja, vir menslikgesproke onmoontlike dinge te vertrou.

’n Paar jaar gelede het die Here ’n bekende Christelike skrywer uitgedaag om ’n dun boekie te skryf oor ’n baie kort gebed van ’n onbekende man in die Bybel van wie ons net een keer lees. Vandag, jare daarna, ken almal die boekie, JABES SE GEBED, want God het op hierdie dun boekie geblaas en dit het die miljoene wat dit gelees het, se lewens geseën.

Kort daarna het hierdie selfde skrywer, Bruce Wilkinson, weer ’n dun boekie geskryf, hierdie keer oor die drome wat God hier diep binne ons gee, met die titel, DROOMGEWER, of THE DREAM GIVER in Engels. Ps. 37:4 sê immers die volgende: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”

Hier diep binne-in Abraham was daar hierdie begeerte, hierdie menslikgesproke onmoontlike droom, om kinders van sy eie te hê. Maar hy en sy geliefde vrou, Sara, was al lankal verby daardie tyd wat ’n mens ’n normaal kinders kan hê.

Ja, die mense kon maar sê dit is die drome van ’n seniel ou man, maar Abraham het geweet wat hy geweet het. Hy het geweet dat hy jare gelede die enigste ware God ontmoet en met hom hoor praat het. Jare gelede het hierdie God hom gevra om sy vaderland te verlaat en die onbekende in te trek na ’n vreemde, nuwe land van melk en heuning, waar hierdie God hom en sy nageslag buitengewoon sou seën.

Ja, hierdie God het dit aan hom en sy nageslag belowe! Gaan lees dit maar self daar in Gen. 12. En toe hy in hierdie vreemde land aankom, het hierdie selfde God dit weer aan hom belowe.

Dit het net weer aan hom bevestig dat hierdie begeerte, hierdie droom wat hier diep binne-in hom was oor kinders van sy eie, werklik van God af was. Daarom het hy steeds, tenspyte van soveel wat van die teendeel getuig het, bly glo dat dit kan gebeur.

Ek wil jou vandag uitdaag om erns te maak met jou drome en diepste hartbegeertes.

Ek wil jou selfs uitdaag om te gaan sit en om ’n nuwe lys te maak van daardie drome van jou. Maar ek wil ook jou vra om nie daardie drome in die gewone kategorieë te sit wat ons soms doen nie. Moenie jou drome self probeer kategoriseer in wat van God sou wees (of “geestelik” is) en wat sommer net gewone, natuurlike menslike drome sou wees nie.

Ek beleef ons leef in ’n tyd wat God nuwe lewe in ons drome wil blaas. Ek is ook oortuig dat God graag Homself in Sy heerlikheid in al jou drome wil kom openbaar.

Ek en my geliefde vrou, Hetta, het dit so onlangs soos in 2014 self weer beleef. Vir 26 jaar, sedert ons driemaande verblyf in Switserland, in 1988, droom my vroutjie van daardie dag wat ons terug kan gaan soontoe. Maar dit het net meer onmoontlik elke jaar gelyk as ’n mens gekyk het na wat dit deesdae kos om oorsee te gaan en veral sou kyk na wat die rand deesdae teen die euro werd is.

Toe skielik, aan die begin van 2014, kom die Here en sê dat ons Hom moet vertrou om oorsee te gaan bedien gedurende daardie jaar. Om ’n lang, wonderlike storie kort te maak: Deur God se genade was dit vir ons moontlik om vir 17 dae in 7 lande, waaronder ook Switserland was, rond te ry en in Jesus se Naam mense te bedien en profeties te doen wat God ons beveel het om te doen.

Vriende, ons dien ’n merkwaardige God. Ons skuld dit aan mense om weer hulle hoop aan te blaas in hierdie God, Sy Woord en beloftes aan ons en die drome wat Hy ons gee.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar