Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Comrades was wonderlik gewees maar dit het soms gevoel of ek in ‘n ander land was.

Ek is al baie vertel oor wat die Comrades is en dit was presies wat ek ondervind het tydens die wedloop. Dit gaan oor mense wat mekaar bystaan om hierdie absolute belaglike afstand af te lê. Ek kan dit net beskryf met behulp van rugby. Nadat ons die 95 wêreldbeker gewen was dit asof die hele land saamstaan. Dit was vir my ‘n wonderlike gevoel gewees, al kyk ek nie rugby nie.

En hier, sonder dat ek dit geweet het, word hierdie gevoel een keer per jaar vir die afgelope 80 jaar herskep.

Die wegspring is een groot senuwee bol. Okei, dit is helse koud gewees en ek het soos ‘n elektriese tandeborsel gebewe maar almal kan net nie wag dat dit moet begin nie.

Die einde in die stadion is ook oraait maar die “magic” is langs die pad. Gesinne maak dit ‘n dag ekskursie. Hulle braai, drink lekker koue bier wat so lekker oor my lippe sou vloei tydens die resies, en ondersteun elke drawwer.

Jy word ondersteun of jy man, vrou, swart, wit, Indiër, pienk gebrande witte is. Al stap jy en verkeer in ernstige pyn, soos ek het, is daar mense wat jou aanmoedig.

Soos ek gehelp word met broodjies, koekies en meer sê ek maar altyd dankie aan ieder en elk. EK doen dit in my beste Afrikaans, “Baie dankie”. Die skok is dat ek op my een hand kan tel hoeveel mense terug geantwoord het in Afrikaans of wat gelyk het of hulle my taal verstaan.

Die ander ouens het gelyk asof ek met ‘n buitelander praat. Ek weet ek is in KwaZulu-Natal maar wragtag dit is in Suid Afrika. Die mense moes al van “baie dankie” gehoor het.

So asseblief as jy Afrikaans is gaan asseblief Comrades toe volgende jaar en ondersteun ons in Afrikaans. Dit sal so lekker wees. Al is jy nie ‘n hardloper of selfs ‘n aktiewe mens nie gaan doen dit om daardie “ons is een mense” gevoel te ondervind maar ook om jou taal bietjie te ondersteun.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar