Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons is aan niemand niks verskuldig nie - altemit nie in Afrika nie. Ons is ook nie in Afrika gevorm nie ons het eintlik Afrika kom vorm! Waar het die Zotte dan geleer dat dit wat hulle praat op skrif gestel kan word?

Eers moet ek elders uit eie geledere lees dat die Engelse ons kom leer het oor sanitasie en hoe om skoon te wees, en dan moet ek, nog voor daardie wrang smaak uit my mond is in Woes lees dat ons by die swartes geleer het om pap te maak en afval te eet en erger nog, dat ons taal sy oorsprong in Afrika het en dat ons daarom ware “Afrikane” is...

Die Woes artikel: “Gevorm in Afrika” het nou so kort op die hakke van Me. van Heyningen se snert oor Milner se edel opvoeding van die Afrikaner in my gemoed kom torring dat ek geen ander keuse het as om my weer in my taal te moet kom ontgiftig! Die outeur van die artikel wil so graag niks aan sy eie bloed toeskryf nie, dat hy eweneens twyfel of ons selfs vir biltong verantwoordelik is. Ten minste erken die skrywer dat dit ‘n “baie gevaarlike stelling” is wat hy maak en skryf in die inleiding: “...wil ek net noem dat ek geen politieke standpunte wil maak nie...” Hierdie stelling laat my dink aan die dogtertjie wat die voordeur antwoord en verklaar “...my ma sê sy is nie hier nie!” Ten minste is die artikel met een ding akkuraat – dit maak “baie gevaarlike stellings” Kom ons kyk hoe gevaarlik:

Die swart man van Afrika het hoog waarskynlik die mieliemeel van die witman af gekry omdat die mielie in al sy variëteite in die Suid Amerikas ontstaan het en vandaar deur die wêreld versprei het deur middel van die vermoëns van die witman om die oseane te navigeer en te oorkruis. Ons het dan die ontstaan van ons land te danke daaraan dat die Suidpunt van Afrika ‘n halfweg stasie moes wees op die seeroetes van Europa na die Ooste vir speserye! Innovering met kossoorte en die smagting na eksotiese smake is ‘n ontwikkelde gebruik wat bokant die hand na die mond uitstyg en kom tot sy eie in die kookkuns van die witman. Net soos wat Mozart se komposisies nie uit die tom, tom van ‘n Afrika drom ontleen is nie...

As ons mieliemeel van hulle af kry, waar kom die Italianers se polenta, die Braziliane se angu, die mamaliga van die Roemeniërs en die Amerikaners se mush, wat alles variasies van ons pap is vandaan? Die veredeling van ‘n plant tot ‘n kultivar is die produk van landboukunde wat duisende jare elders gevestig was voordat Chaka of Dingaan mieliepitte gestamp het! Selfs die Kafferpot is deur die witman na Afrika gebring. Die landelike swart man van die outyd het so min geweet waar die Kafferpot vandaan kom, dat van hulle, ronde blink laers as die saad gekoop het om te plant vir die boom waaraan die driepoot groei...

En afval. Wil die skrywer van die artikel vir my sê dat die Europeër en ons Nordiese voorouers et al, al die eeue die kop en pens en pote van hul vee weggesmyt het totdat ons hier na Afrika gekom om by die swarte te leer wat om te eet en wat nie? Die slaaf leer by sy meester, nie andersom nie! Ek weet nie waar die skrywer “gedelf” het nie maar ek het die volgende vasgestel:

Homer, die Griekse digter van iewers tussen 1194 - 850 voor Christus praat van afval wat voorberei is vir ‘n feesmaal ter ere van Achilles. Daar word ook in die geskiedenis beweer dat ‘n rusie oor afval ontstaan het tussen William die veroweraar en die vraatsugtige Phillip I die koning van Franryk, wat gelei het tot ‘n uitdaging waar William beweer het hy na Notre Damme de Paris sou gaan om daar gekerk te word met 10,000 lanse in plaas van kerse... So ook word daar geskyf, was dit die ‘shemhe chorba’, afval sop wat die Turkse Christen soldate aangespoor het tot hul veelbesproke ekspedisies. Buitendien, staan afval vandag bekend as tradisioneel ‘n Normandiese dis – Tripes a la mode de Caen, word gekook in ‘n diep erdepot kasserol. Dit bestaan uit al vier die verskillende afval gedeeltes, en sluit spesiaal in, kalf pote, uie, niervet en Calvados wat alles geseël word en vir twaalf ure lank gekook word. ‘Bumbar’ is ‘n gestopte afval dis uit Bosnië, en Dobrada is ‘n Portugese afval wat met wit botterbone bedien word.

Francois Rabelais (1494 – 1553), die Franse skrywer uit die Renaissance era het in die satires wat hy geskryf spottenderwys verwys na die effek wat die afval disse op die Franse gehad het. Die Franse Hugenote het byvoorbeeld eers in 1688 na Suid Afrika gekom, dit is 194 jaar nadat Francois Rabelais oor afval geskryf het en ongeveer 2200 jaar nadat Homer daarna verwys het. Nou wil ons Woes skrywer ons wysmaak dat die Voortrekkers by Dingaan kom leer het oor afval.

Wat is dit dat baie van ons Afrikaners so graag aansluiting elders as in eie geledere wil gaan soek, en so graag ons slawe wil krediet gee vir dinge wat ons self geskep het?

In enkele dae moet ek hoor dat die Engelse ons kom leer het om skoon te wees, en dat die swartes ons gewys het wat ons kan eet. More moet ek seker hoor dat Chaka die argitek van die Uniegebou was, of dat Mbeki Eine Kleine Nacht Musik komponeer het!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy skryf waar Waldor! Sommige wittes wil so graag agter die swartes aanloop...die vusuwatsegoed en nou rugby in Soweto, dit laat my pap ook suur word in my maag.
12 jaar 1 maand 1 week 3 dae 8 ure oud


Ek kan nie anders as om te wonder of jy enige musiekinstrument kan bespeel of selfs 'n noot of ritme kan hou, nevermind musiek komponeer. Dan wonder ek ook of jy self al enige bydrae tot die ontwikkeling van nuwe tegnologie gemaak het of al ooit enigiets nuuts uitgedink het. Dis gewoonlik die wat self boggerall kan doen wat agter hulle wit velle skuil.
12 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 23 ure oud


BAKKIES Eayrs

Gebore in, en getoë aan ‘n grondgebied veronderstel dat mens daarvoor lief moét en sál wees, en om uitdrukking daaraan te gee kan op soveel maniere gedoen word. Jy moet net nie in die proses jou Witmanskap misken en te veel krediet gee aan ‘n mensdom wat dit hoegenaamd nie toekom nie.

Moenie dat die liefde vir jou plek, die erkenning vir jou eie laat misken nie en as jy delf...begin by jou eie wortels.
12 jaar 1 maand 3 weke 2 ure oud


Ek is so bly jy het my artikel gelees. As jy meer van my artekels gelees het sal jy besef dat ek versot is op die afrikaner kultuur en ek vra niemand verskoning daarvoor nie. Ek is n baster engelsman maar in my hart n afrikaner. die punt wat ek wou maak is. Afrika is my huis en ek is trots daarop.
12 jaar 1 maand 3 weke 6 ure oud


"Wat is dit dat baie van ons Afrikaners so graag aansluiting elders as in eie geledere wil gaan soek, en so graag ons slawe wil krediet gee vir dinge wat ons self geskep het?" Wonder ek mos ook ...
12 jaar 1 maand 3 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar