Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My werk en bestaan draai rondom die Internet en ek kan met oortuiging sê dat ek dink die Internet verkeerd is, en ek sal die storie stuk vir stuk aanpak.

Maatskappye trots hulself op diens en kwaliteit diens en selfs uitmuntende diens en ek verstaan hoekom, omdat kompetisie so erg is. Baie van hierdie maatskappye maak ook gebruik van die Internet om nog beter diens te kan lewer deur sekere prosesse te vereenvoudig en te outomatiseer deur Internet tegnologie.

Hierdie wonder het ook sy slegte tweeling boetie. En dit is maatskappye wat die tegnologie en die eindresultaat uit oog verloor. Die lekker ding van die Internet is dat jy as maatskappy presies kan bepaal wat ‘n sekere deel van jou maatskappy kos om te onderhou. En dit is die eerste ding wat fout gaan.

Nou sien hierdie pencil pushers in hoorkantoor dit raak. Dan begin jy boodskappe kry soos “Ons kan nie belowe dat ons jou epos sal antwoord nie oor die hoeveelheid navrae wat ons kry”. Ek bedoel ek probeer met hierdie maatskappy gesels. Kontak maak. Dalk probeer ek koop, dalk probeer ek ‘n saak van slegte diens aan hulle stel. Maar hulle gee geen nie aandag nie.

Nadat jy hierdie boodskap gekry het wil jy natuurlik nou eers met iemand oor jou pyn praat. Dan begin jy op hulle webwerf rond te klik opsoek na iemand om na jou mening te luister. Maar dan kry jy niks nie. Daar is geen epos adres nie, net vorms om in te vul wat dan die inligting na iemand stuur en dan kry jy weer dieselfde boodskap as vantevore.

Nou begin jy te soek na ‘n telefoon nommer maar daar is geen telefoon nommer nie. Jy kan probeer om “support” te kry om jou epos na die regte persoon te stuur maar die probleem wat jy het is met support. So die klein, vars uit die skool, vol houding, snotkop agter support delete jou epos elke keer.

Die organisasies is gesigloos. Hulle wys mooi prentjies en produkte en dienste maar daar is niemand daarbinne nie. Hierdie koue manier van besigheid doen laat my alteveel aan een van my verhoudings dink. Ek weet dit werk nie.

Ek het die afgelope drie weke met Adobe (www.adobe.com) gesit waar ek meer inligting oor ‘n produk gesoek het maar nie op hulle web werf kon kry nie. Ek het twee of drie keer die “contact a sales rep” ding ingevul maar niemand het my ooit gekontak nie.

Probeer ek support en hulle sê vir my dit is nie iets waarmee support te doen kry nie en hulle kan my nie help nie.

So, ek maak toe die besluit om nooit onder enige omstandighede met Adobe besigheid te doen nie en hulle kompetisie met alle mag te ondersteun.

So, voor jy enigsins met iemand oor die Internet besigheid doen kyk eers of daar regte mense agter dit sit. Mense wat jy kan kontak, en moontlik kan uitdinges as hulle droogmaak.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar