Rubrieke

Titel: Onthou Nou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Remembrance Day en Cheers ! Laat hy val waar hy wil.

Nou die dag stop ons by ʼn paar Kameelperde wat in die oop vlakte rondstaan. Die ene wei. Nou nie met sy kop in die boom nie, maar so ongemaklik afdraand met sy kop in die stof, soos wanneer hulle water drink. Toe sy orent kom, staan sy ons uit die hoogte en aankyk met ʼn hengse groot been in haar bek en sy kou en werk hom lustig. Soos ʼn stuk bubblegum. Dis die eerste keer dat ek sien hoe ʼn Kameelperd, met die grootste gemak, kners, kou en sluk aan ʼn been. Mens sien hulle mos net altyd fyn blaartjies delikaat tussen dorings uit pluk. Ek wonder of hulle ooit verstik aan die bene want dis mos ʼn lang sluk af onder toe.

Elk Geval, dis nie waaroor ek wil praat nie. Vir ons is 11 November blye dag. Ja verseker ʼn Onthou dag verseker, want dit is my kleinseun se verjaardag. Hy is of 11/11/11 gebore. “ Velly, Velly Auspicious Date” Vir my is dit ʼn blye dag.

Hennerik sê toe gisteraand ons moenie vergeet om vandag, die elfde November, te onthou om te onthou, dat vandag “Remembrance Day” is “for those who have fallen”, en dat ons op 11/11 om 11 uur aan diegene moet dink nie. “Velly, Velly Pernicious “ Eintlik, dink ek persoonlik, nie dis nodig om so ʼn dag te hê nie. As jy iemand aan die dood afgestaan het, herinner jou sintuie jou gedurig aan die gevallenes. ʼn Sekere mooi musiek stuk, ʼn harde slag, die smaak van bully beef of iemand se geliefkoosde gereg, of die reuk van ʼn parfuum of buskruit. Jou sintuie en jou onderbewussyn is fyn bedraad.

Ek begin toe sommer dadelik dink wie ek ken wat geval het. Oorlog en Polisie, Bosoorlog. Ja, paar mense en ek bedink hulle. Ek onthou hulle. Nou dink ek verder aan gevallenes wat geval het. Twee geliefde vriende wie se helikopters letterlik uit die lug geval het, gevallenes en een bitter goeie pel wat van sy motorfiets geval het, gevallene.

Almal wat val is egter nie gevallenes nie, maar val, val ons almal. Word erg beseer en aan hulle bring ek ook blommetjies. As dit nou kom by mense wat geval het maar nie omgekom het nie, dan weet ek van baie. Ons val as ons leer loop, leer fiets ry, ons val van kranse, lere en kroegstoele af. Ons val vir lieg stories en ons val vir die Iemand en breek ons harte. Dis alles baie traumaties en los letsels.

As jy val kry jy seer, altyd, maar jy leer om bedag te wees, en jou oë oop te hou sodat dit nie weer gebeur nie. Ons kou harde bene, nes daai Giraffe. Deur te val leer ons ons lewenslesse.

So van leer gepraat en Eksamen skryf. Mense is darem baie slimmer as wat hulle weet. Ek dink nou net so. Jy sit vir twaalf jaar op ʼn skoolbank, maar jy het net die aand voor die tyd nodig om vir die eindeksamen te leer. Selle op Varsity, selle as jy jou Vlieg lisensie skryf.

ʼn Mens weet mos alles, iemand moet jou net vra, of hoe sê ek ?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Onthou
Hehehe, ja en so sal ons val. Op ons kniee, op ons gesig, en dan opstaan en aangaan. Tot ons eendag ons laaste val geval het.
5 jaar 2 maande 6 dae 8 ure oud


Onthou
Val is goed. Seer maar goed! Elke keer as ek opstaan is ek effe wyser.

'n Hele klomp waarheid in jou rubriek!
5 jaar 2 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


onthou
lekker gelees, dankie vir die deel
5 jaar 2 maande 1 week 6 dae 6 ure oud


***
Lekker gelees, dankie Bt.
5 jaar 2 maande 2 weke 1 uur oud


Onthou nou
Pragtig. En ek het geval vir jou lekker rubriek! Kou die lewe soos 'n Wilson toffie en sluk hom af met 'n koue enetjie!
Cheers! Laat hy val waar hy wil!
5 jaar 2 maande 2 weke 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar