Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Kleur.

     In hittige harmonieuse kleurvolle aard sfeer, staan die mens verstom oor prag en praal. Elkeen se gevoel getuig van verwondering, van Suid tot Noord, en van Wes na Oos. Hoe sal ons kan bepaal, watter kleur pas die beste by watter soort blom óf boom? Elk het sy gunsteling van struik, blom óf boom. Elk met sy eie karaktereienskappe van blomme praal en nektaar geur. Elke grasieuse gestalte van soepelheid in die wind, het duisend en meer opgesweepte bewonderaars telkens op ons voete.

     Wie het hom óf haar nog nooit eintlik gesteur aan die prag en praal skakerings van kleur wat deur moederaarde aan ons opgetower word nie? Die kleurvolle emosies herleef ons, deur elke môrestond wat aangekondig word. Vinnig vinnig van kindsbeen af het ons al ons gunsteling struik, blom óf boom gehad, getooi deur die Almagtige Argitek.

     Maar vir ons is die interessantheid van blomkleure net so belangrik as vir die wat die nektaar kom opslurp, jou of my gunsteling blom maak net eenkeer ʼn jaar haar verskyning, dan gryp ons dit met albei hande aan.

     Mens en gunsteling is blootgestel, uitgelewer aan ʼn wêreld waar nét die beste bo uitkom. Onsekerheid, self-kritiek en frustrasie word meteens ʼn daaglikse metgesel hier onder die hemelgewelf.

     Maar kom ons erken dit eerlik: om immergroen ongeskonde daagliks te ontwaak uit die môrestond voor die fel kritiese oë van miljoene bewonderaars, dit kos iets. Presies dit is die wonder van ons moedernatuur, geskape om haar bydrae te maak aan ons. Ten spyte van die felheid waarmee hierdie jong onvolwasse plantjies onderdruk word, die mededinging in die hittige son, staan hul goed hul plek vol, elke keer met ʼn broosheid van blomme kleur, alles vir ons menslike bewonderingsdroom. Net die Skepper met Sy tere hand, ken die broosheid van blomme kleur, om ons so te kan bekoor.

     Mens en elke blom ontluik, en is geklee in eie karakterkleur so in die begin van ʼn splinternuwe seisoen. Om nie terug te deins van geleenthede wat nou en vorentoe oor die pad kom, maar om hierdie sprong te maak in hierdie kleurvolle sfeer, waar fauna en flora halsreikend pronk onder perlemoerwolk.

     Ons het almal drome - party groot, party baie klein. Soms is dit net nodig om tot aksie oor te gaan soos hierdie jong plantjies, dryfkrag maak hulle vir ons wenners. Wat keer nog? Laat jou droom ʼn waarheid word, gryp hierdie geleentheid aan soos hierdie jong plantjies. Idees en drome moenie ʼn illusie wees nie, maar ʼn werklikheid. Risiko is die resep van sukses. Laat elkeen ʼn wenner wees in sy of haar gunsteling kleur.

05/12/2014.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ontwaak
Puik gepen. Dankie vir jou pragtige bydrae tot die kleur projek
4 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


Ano
morestond
Inderdaad pragtig, baie dankie. Ja, die ou blommetjie wat net een keer per jaar blom - en dan kyk ons daardie blaartjies tot ons ogies wil traan sodat ons die spesiale oomblik net nie sal misloop nie :-))
4 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


droom
ek haal my hoed af vir jou vir hierdie bydrae Arnold. soveel lewenswysheid daarin
4 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar