Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oom Tys de Beer van Lekkerdraai
Het akkers vol pampoen gesaai

Maar wat Oom Tys moes bitter kla,
want ai; die bobejane pla!

en werskaf in sy landery
Hy kon hul nie in die hande kry

Hoe hy bedink, hoe hy besin
Neef Kees is vir oom Tys te slim.

Oom Tys bly dink vir dae lang
Hoe om die vuilgoed tog te vang

En kyk daar kom die slimme man
Met ‘n alte gawe plan

Hy vat ‘n mooi groot boerpampoen;
en wat dink julle gaan hy doen?

Hy sny ‘n gat na binnekant
net groot genoeg vir Kees se hand

Toe gaan hy agter ‘n krielbos wag
En sê: “Vandag gaan ek lekker lag”

Kees kom. Hy steek sy handjie in;
en sê: “Maar hoor, dis na my sin”

Hy maak sy hand met pitte vol
Toe word dit nes ‘n krieketbol

Maar toe hy op sy blyste was-
toe vind hy uit sy hand sit vas!

Oom Tys kom met sy kweperlat
En slaan hom oor sy linkerblad

Kees smeek en soebat in sy taal
Maar wat; oom Tys is hard soos staal!

Hy slaan oor lyf en kop en poot
En toe skiet hy arme Kesie dood.

* * *
Ek wonder lankal wie die skrywer van hierdie “ballade” is/was.
Kan iemand dalk help?
Die woorde is soos ek dit van 37 jaar terug naastenby onthou; daar mag hier en daar foute wees. Ek het dit nog nooit op skrif gesien voordat ek dit nou self “op gehoor” getik het nie.

Martinez 1439



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar