Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Net soos wat daar by die konserwatiewe Afrikaner die amusante geneigdheid bestaan om ‘n sogenaamde “spioen” agter elke bossie uit te skop, net so is daar by die meeste gelowiges die ernstige neiging om sekere menslike verskynsels, aan een of ander besetenheid, of bose gees, toe te skryf. Waldor weet nou nie of dit toe te skryf is aan die inherente wantroue wat daar by ons ou mensdom bestaan nie, maar die sterk effek van die ‘kansel retoriek’ bly in my kop maal.

Waldor het al persoonlik aanskou hoe leraars met ernstige gebed poog om die ‘moffie demoon’ uit ‘n ou wat desperaat na ‘manlikheid’ vra, uit te dryf. Net om heelwat later daarna, te sien dat dieselfde perd, wanneer die biologiese koerasie weer inskop, iewers flikflooi met die ‘credentials’ van die ‘demoon’ wat bly klou....maar

Tchaikovsky se demoon, het vir ons briljante musiek verewig.

Só het die Satan in Leberatchi, baie mense bekoor soos wat sy ‘onheilige’ hande oor die klawers ‘gegoël’ het.

‘n Trippel demoon alliansie van leierskap, gevegskuns en vêrsiendheid, het die geskiedenis van ‘n Alexander die Grote voorsien.

Die Commic duiwel, “Hotstuff” in Casper de Vries, het vir ons ‘n spitsvondigheid gebring waarteen niemand kan stry nie en wat Waldor persé ontsettend geniet.  

En as die ‘handopleggings’ ooit kon werk, dan was Evita Basson uit haar rok gedryf en ‘Baputakwetsi’ sonder ‘n matriarg.

As hierdie moffies hulle by hulself hou, vir Waldor, en al die kinders op ‘n sekere gebied uitlos, sal ek nie op hulle jag maak nie – dan kan ons mos geniet wat hulle ons soms, so begaafd kan bied... Die ‘duiwel’ in Waldor hou gelukkig baie van alles in en om ‘n vrou. Waldor het persé baie dierbare ‘besete’ vriende wat ek eerder mee sal verkeer as baie growwe baard en bar Boerboel ‘fans’ wat die vrou se eer onsmaaklik krenk wanneer hulle ‘aanvaarde’ drange wat mooi is beledig!

Maar nou het die wetenskap soos wat dit in die toekoms baie gaan doen, met verdoemende eksaktheid, die heilige mat onder die ‘kansel kaperjolle’ van die kontemporêre “exorcists” uitgepluk. Nou sien Waldor dat die wetenskap sommige ‘kwansuise duiwels’ by die spreekwoordelike ‘horings’ gepak het.
Na intense navorsing wat oor etlike jare gestrek het, het agtien prominente dokters en sewe Neurologiese Professore onbetwisbaar vasgestel dat die rangskikking van die X en Y Chromosome na gelang van testosteroon vlakke in die baarmoeder tydens kritieke stadiums van fetale ontwikkeling, afwisselende fisiese, en seksuele neigings (bedrading), onherroeplik in ‘n fetus kan vaslê.
Die gene alleen, kan nie bepalend wees nie. Dit is afhanklik van hormoon toevoeging. Met ander woorde, wanneer ‘n manlike of vroulike fetus reeds deur die rangskikking van die chromosome bepaal is, word die fases van die fetus se ontwikkeling deur hormone bepaal – manlike en vroulike hormone wat in die baarmoeder aan die fetus beskikbaar gestel word.

So, wanneer ‘n reeds manlike fetus te veel vroulike hormone inkry word hy byvoorbeeld as ‘n klein Rock Hudson bedraad.

Maar nou. Daar is harde baard en sterk manne met alles manlik in hulle mondering. ‘n Diep stem, welige borshare, manlik gespierd, loop soos ‘n man, dink soos ‘n man, trek soos ‘n man aan – enige Non se droom - maar ongelukkig vir die gefrustreerde Nonne, verkies die perd wanneer dit by seks kom, ‘n ander man – soos bv. In die geval van Alexander die Grote! Of, Alexander, met die ‘grote’

Dan is daar die ‘poefter’ tipe soos ons hulle ken – jy kan sommer van anderkant ‘n rugbyveld aan sy aánkom sien daar is ‘n anderse ‘huppel’ in sy loop – so ‘n, ‘trassie-passie’. As hy met jou praat en die handgebaartjies en stemtone verraai die vasgevangde vrou in hom, kan mens nie anders as om geld te wil insamel vir ‘n omsoom, in gleuf, of omdop van die enigste ding wat man aan hom hang nie!

Jong, daar is baie variante. Kyk vir ou Freddie Mercury. Bliksem, hy’t ‘n potjiekos bedrading gehad. ‘n Stem wat só manlik sterk is, dat hy baie maklik langs oorle Pavarotti kon sing, maar verder het sy grafiek soos ‘n waarskuwende seismograaf wipplank gery. Die een oomblik het hy manlike manewales op die verhoog uitgehaal, om net wanneer hy op ‘n sekere manier draai sulke Olivia Newton John boudjies, te ‘produce’.

Maar Waldor se oë is oopgemaak deur die wetenskap van die dokters... Waldor het geleer wanneer jy wil viool speel, gaan hoor by die vioolspeler, nie by die ‘harpspelers’ wat oorhaastig hande oplê nie!

Die navorsing het vasgestel dat die ontwikkeling van die fetus baie delikate fases deurgaan.

Daar is ‘n brein vorming stadium. Met ander woorde wanneer die fetus se brein bedraad word om toekomstige prioriteite, keuses, smake en ja, baie belangrik, voorkeure, te programmeer. Dan is daar die stadium waar byvoorbeeld, die reeds manlike fetus se liggaamlike ontwikkeling aangeroer word. Nadat die manlike of vroulike fetus reeds gevorm is, bly die brein nog soos oorspronklik. Dan is daar ‘n stadium wat die brein ontwikkeling onderwerp word aan ‘n toevoeging van hormone. Embrioniese seun babatjies word blootgestel aan vier maal soveel manlike hormone as in die na geboorte kleuter en jong seun stadiums. Dieselfde gebeur by die stadium van liggaam ontwikkeling van die fetus ens.

Maar, dinge kan verkeerd loop!

Daar kan genoeg manlike hormone beskikbaar wees om die manlike organe te ontwikkel, maar nie genoeg om die brein in ‘n ‘manlike patroon’ in te stoot nie. So gebruik nou maar verder jou verstand en visualiseer die variante van ontwikkeling deur voorbeelde op te roep. ‘n Harige bul van ‘n ou met ‘n ‘kop’ wat van mans hou, of ‘n verfynde ou wat normaal is – skaars maar tog te vinde – of andersom ens. Daar is natuurlik ‘dubbeldore’ ook...

Nou wonder Waldor – sal dit nie raadsaam wees as die ‘Kansel Smouse’ ook in ‘ander boeke’ as ‘die Groot Boek’, gaan kyk en dan dalk leer om te kan onderskei tussen ‘bedrading’ en die duiwel nie?

Kyk, daar is van die skeef ‘bedrades’ wat hul enkel fase en of dubbel fase krag strome by die verkeerde proppe koppel en die ligte laat blaas! Dit is by diesulkes wat die Dominees nie die bedrading moet probeer weg bid nie, maar die nodige ‘berading’ moet gee dat die krag bokse in die buitekamer of stoorkamer installeer word!

Waldor wonder ook of ons nie die Duiwel te veel krediet gee nie. Of hou die dominees et al die Duiwel lewendig omdat hulle sonder die duiwel nie ‘n ‘job’ sal hê nie?

Los vir ou Nataniel, sy binnekamer ‘Duiwel’ is ‘n verhoog Engel’ wat Waldor gesond laat lag sonder dat my smaak vir vroue ooit sal verander.
Ai, party dominees maak vir Waldor partykeer die Duiwel in !
Nou wonder Waaldor, is ek reg bedraad ? Anders is daar ‘n aangename duiwel wat my ‘n gesonde oog vir ‘n vrou gegee het



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mowwe, enditenals
Ek's SO baie bly dat ek jou stuff vandag ontdek het...Liewer laat as nooit. Wanneer gaan jy Libia toe...?...:-)))
8 jaar 10 maande 3 dae 21 ure oud


Nou eers raakgelees: puik!
9 jaar 10 maande 2 weke oud


Moffie demone
My ou vrind, dalk moet ons tog eendag daar onder die huilboom by die manne man met die katte, so tussen 'n lafenissie "Eerste Kyk" deur, met die ondersteuning van 'n boomstam as dinge warm raak, met die sagte gepruttel van 'n klompie hoenderpote in 'n kerrierige heerlikheid wat vir ons stoompie blaas uit die swart pot oor die gasvlam, die "crankshafts" en die knoemoere eenkant toe skuiwe, en die sakie met aandagtigheid deur trap. Dit is heerlik om die waarhede, kwinkslae en raakvat van 'n ou vriend so raak te lees. Maar die persoonlike geselsies was nog altyd vir my pitkos vir die siel. Dit is heerlik om jou terug te hê tussen ons daar uit die verte uit, en ek sien uit na nog menige (altyd aangename) kuier in die nabye toekoms saam met jou
10 jaar 6 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


Moffie Demone
Nou eers gesien. Baie dankie hiervoor
10 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud


Al stem ek en jy nie noodwendig saam oor van ons ander skryfsels nie Waldor, haal ek my hoed af vir hierdie een van jou. Jy gee jou opinie weer sonder om iemand anders (behalwe natuurlik die duiwel-behepte dominees) te na te kom. Welgedaan! O, ja en ek lees jou graag.
10 jaar 11 maande 2 dae 5 ure oud


Waldor, ek het hierdie een van jou kom lees met verwagtinge geskep, en was toe op die ou einde baie verras met jou reguit praat. Tog was dit nie in-die-gesig-vat--sleg-reguit nie. Dit herinner eintlik aan my stuk "Sluip ek of foeter ek uit die kas uit?". Dis so waar wat jy daar sê, soos Cliff Richard tereg destyds gesing het - Why should the devil have all the good music? Ons is geneig om uit onkonde of oningeligdheid maklik sommer omdat ons nie verstaan nie, daardie gedeelte dan vir die duiwel te gee. Gmff, hy sal hom wat verbeel, luiaard - wat net sit en wag om eer te kry vir dinge wat hopelooslik te moeilik was vir hom om te kon uitdink. So baie kere, as die mense wat die meeste moan, net bietjie stilraak en probeer verstaan, begrip het, sal hul sien niemand dwing niks op hulle af nie en niemand verwag van hulle om dit goed te keur nie, dis net aanvaarding wat mense soek. Homoseksuele mense is nie noodwendig verkragters, pedofiele of seksuele teisteraars nie. Dis meeste gevalle die nar wat die hartseerste is...
Baie dankie vir hierdie een
D
11 jaar 4 weke 1 dag 9 ure oud


Oor Moffie Demone
Ek het hierdie stuk met groot aandag gelees want my oudste seun is homoseksueel en dit is dus vanselfsprekend dat ek ingelig is oor hierdie onderwerp. Soos sekerlik van enige regdenkende ouer verwag sou word, het ons ons huiswerk gaan doen hieroor, want dit sou bepaal wat die aard van ondersteuning ons vir ons kind moes gee.

Dis waar wat jy hier vertel, veral ook die sienswyse oor die sogenaamde demoon en die kerk se sienswyse hieroor. (Net my persoonlike mening) Ek aanvaar ook dat jy vriende/vriendinne het wat vir jou kosbaar is sonder om afbreek te doen aan jou manlikheid. Ekself het etlike vriende en vriendinne wat homoseksueel is, sonder om aan my manlikheid skade te berokken. Ek moet erken dat ek 'n sensitiwiteit by hierdie groep vriende/vriendinne vind wat eenvoudig afwesig is by meeste hardebaarde.

Jou beskrywing getuig van deeglike nadenke en waarskynlik ook navorsing oor die onderwerp. Sonder om afbreek te doen aan die waarde van hierdie stuk, of die inhoud daarvan, wil ek egter oor een aspek met jou verskil. Waardevol soos wat dit is, sou hierdie stuk soveel meer waarde gehad het indien jy nie van woorde en beskrywings soos moffie, trassie-trappie, omsoom en omdop en jou beskrywing van die elektriese proppe ens, gebruik gemaak het nie. Dit is my beskeie mening dat alhoewel daar homoseksuele mense is vir wie dit nie aanstoot sou gee nie, daar wel diegene is wat wel aanstoot sou neem. Vir sommige mense is hierdie 'n erg traumatiese situasie.

Deur byvoorbeeld te verwys na "trassie-trappie" om te beskryf hoe hierdie persoon loop dui op 'n ongevoeligheid ten opsigte van die betrokke persoon. Hoeveel vernedering, pyn en ontreddering beleef iemand wat dubbelslagtig is nie in sy/haar lewe nie? Netso is die verwysings na verkeerde konneksies en die res, reeds gemeld hierbo, vir ander 'n klap in die gesig. Vir hierdie mense is dit 'n absoluut normale aksie, soos "straight" mense se metode vir ons normaal is. Dit gaan nie om wie is reg of verkeerd in hierdie geval nie, maar oor die spot met 'n groep mense in ons samelewing.

Ek anvaar dat jy dit waarskynlik nie bedoel het as spot nie, jou woordkeuse dui egter daarop. Dit kom dus voor asof daar 'n gebrek aan begrip en sensitiwiteit is vir homoseksuele mense se gevoelens.

Het jy nie dalk, in 'n poging om hierdie ernstige onderwerp op 'n ligter manier aan te bied, juis meer skade berokken as goed nie? Besef jy dat daar 'n aansienlike persentasie van Woes se mense is wat homoseksueel is? Bestaan die moontlikheid dat iemand mag aanstoot neem, of dat dit iemand sal kwets?

Vergewe maar my lang relaas asseblief. Ek wou darem self my stuiwer in die armbeurs gooi betreffende hierdie onderwerp.
11 jaar 1 maand 1 dag 11 ure oud


Moffie Demone
Jy't my in die regte bui vir hierdie happie gekry!!
Na lang wonder oor wat om aan te trek na my dogter se 21ste (Tema: Dit moet met 'n 'D' begin) stel my vrou voor:"Drag Queen"!! Daar waai die bokbaard en snor summier maar na die partytjie het ek weer in MY bed geklim!!
Dankie vir die humor .. en nogwat. Lekker gelees en geniet.
11 jaar 3 maande 19 ure oud


Waldor, uitstekend gestel! Leef en laat leef sê ek ook mos. Hulle vergeet dat die oordeel hulle nie toekom nie. Maar persoonlik ek verkies nog die sagter geslag.
11 jaar 3 maande 2 dae 5 ure oud


Moffie Demone? Waldor ek het myself onderste bo gelag! Dankie.

Groete

Juenka
11 jaar 3 maande 2 dae 5 ure oud


Mense en menslike dinge
Lees bietjie Matt 19:11 & 12. Sommige engelse vertalings stel dit beter terwyl ander weer verkeerd vertaal met "eunuch" inpleks van "chaste" teenoor vrouens, maar in daardie tye wat dit oorspronklik geskryf was, was die sosiale milieu nog meer verknog aan die oorlewerings van die oumense as vandag. Terloops, ek self verkies 'n sag, geronde vrou.
11 jaar 3 maande 2 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar