Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op wie sal ek Trap ?


Al ooit gehoor van mense wat kla oor hul dag by die werk?
Ek kry ook soms ‘n paar van daai dae, nie omdat ek dit vir myself toewens nie, maar omdat daar ‘n sekere persoon, of persone, kom ons noem hulle op die naam, (title), “kollega/s” is, wat dink, dat as hulle jou kan laat swaar trek aan die wa, jul baas dalk sal dink, hulle is die kat met die dik snor, en moenie ‘n fout maak nie, hierdie kollega/s het al die kuns bemeester om dit goed te kan doen, en ook nog soos die ruiter/s op die “Wit” perd te posseer. Hulle sal ook almal rondom hulle laat verstaan hoe eerbaar en opreg hulle is, en hoe foutloos hulle, hul werk kan doen, sodat die erkening hul moet toekom.

My filosofie is, sê wat jy wil sê en kry klaar daarmee, moenie in my gesig die “nice guy” probeer wees, en agteraf my te na wil kom nie. Soos die Engelse sê, “Don’t try to gun me. . .” Shakespear het ‘n interresante gesegde gehad, wat lees, “When woman, (men) think’s, they must speak. . .” so dierbare kollega/s sê jou sê, en kry klaar!

Ek het ook ‘n gesegde wat lees, “Ek ken jou nie. . .”
Ek sal darem nog ‘n bietjie respek vir jou hê, as jy in my gesig kan sê wat jou motiewe is, en wat se soort mens jy is. Soms kos dit om my hande so ver agter my rug af te druk , net om al daardie messe, te probeer uithaal, wat telkemale so maklik ingesteek word.

Die vraag is nou net, hoekom doen mense dit? Is dit ‘n kultuur ding, is dit in ‘n ou se gene, is dit die persoon se waardes, of gee so ‘n persoon maar net nie om nie, solank hy/sy op enige iemand sal trap, net om die volgende trappie na sukses in die werksplek te wil klim?

Al ooit gewonder hoe akteurs dit regkry, om so te kan huil as dit nodig is?
Hulle leef hulself uit, in daardie karakters se rolle. Speel ons almal maar net ‘n rol in hierdie groot fliek, genaamd, DIE LEWE?
Dit maak dan ook sin, want in elke fliek is daar mos “good guy’s en bad guy’s” Jy kry die rol, of liewer jy word gekies vir die rol, wat jy die beste in speel, so ek aanvaar dat ons almal kry, so af en toe “Oscars”, afhangende van hoe goed jy jou rol kan uitleef!

Ek is van nature ‘n baie spontane, lojale, opregte, reel vaste en openlike mens, altans dis hoe ek myself sien. Ek is baie lief vir gesegdes en leuses en een van my “favourites” is, “vriende maak, by die werk, is ‘n bonus, jy werk op die einde van die dag vir jou familie” om jou werk met ‘n passie uit te oefen en om werks teverdenheid te ervaar.

So in kort gesê, dankie “eerbare, opregte, foutlose en ruiter/s op die Wit perd/e kollega/s”, danksy jou/julle, kan ek, darem nog met my twee voete plat op die aarde staan, want, ek weet dat ek nie twee rolle, in een fliek, probeer speel nie. . .





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beste Buksie,

Het ek jou happie geniet!

Ek het geleer dat mense wat hulself hoog heilig ag, dit doen sodat ander nie agterkom hoeveel geraamtes daar in hulle eie kas is nie. Jesus het hulle sommer wit gepleisterde grafte genoem.

Hulle is baie gevaarilke mense wanneer hulle self ambisies het, dit wil se, twee-gat jakkalse is.

Mooi loop
11 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud


Ditsem Buks... vertel hom. Mense is so geneig om in hulle eie lugkastele te bly dat hulle dit selfs verf.
Het ook 'n paar van daai hier by my.
14 jaar 6 maande 2 weke oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar