Rubrieke

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe Manie,
Ek skryf hierdie briefie namens en met toestemming van my ma. Sy soek nie ‘n man nie, maar sal graag ‘n man wou hê wat... Jy het dit seker al baie gehoor. Dis nie ‘n prioriteit by haar nie, maar ek het gedink om nou al die voelers uit te steek kan nie skade doen nie. Hier is ‘n vrou wat ongelooflik aktief en aan die gang is, absoluut ‘n sonskyn en buitelewe mens, altyd vol grappies en ‘n optimistiese uitkyk op die lewe. Sy en my pa het 10 jaar terug met ‘n melk boerdery begin. Drie jaar terug is my pa oorlede en sy moes vrou alleen aangaan. En ek bedoel: Vrou Alleen. Ons het nie plaas werkers nie. Sy het durf en moed en vasbyt vermoeëns wat selfs die vroue in die omgewing intimideer. Tog is sy nie ‘n kompiterende mens nie. Sy is intelligent en kan maklik ‘n stimulerende gesprek met enigiemand voer, van koningin Elizabeth tot die bedelaar op die strand en haar verbeelding kan klein kindertjies vir ure fasineer (vir my ook!) As ‘n kalf vassit in die koei, of ‘n siek bees gespuit moet word doen sy dit. Die lewe het haar al baie wys gemaak en tog op ouderdom 53 lyk sy 43! Sy is effens oorgewig, maar nie onfiks of lui nie! Op die oomblik trek die melkery swaar en werk sy voltyds in die dorp om al die rekeninge te betaal. Sy’s nie opsoek na ‘n ridder nie! Sy is baie lojaal as jy eers haar vriendskap gewen het en sy sal deur dik en dun staan by enigiemand in wie sy glo, maar jy sal eers haar respek moet verdien. Mense wat haar ken is baie lief vir haar. Sy is waarlik ‘n unieke juweel. Sy sou graag ‘n boer (verkieslik in of uit Namibië) wou hê wat haar soos ‘n dame behandel; bietjie bederf soos voete vryf, finansïele stabiliteit kan bied, saam blomme-klub toe sal gaan - met ander woorde ‘n spanmaat, nie ‘n heerser nie. Bagasie het ons almal en sy is geen uitsondering nie, maar mens kan mos daardeur werk. Die enigste bagasie waarvoor sy nie kans sien nie is drank (maar ‘n glasie wyn op sy tyd is nie ‘n probleem nie) en sigarette. Ons is nogals nuuskierig om te sien of daar mans daarbuite is wat sal kan byhou met haar energie en lewenslus.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

oulik geskryf !!!
9 jaar 9 maande 2 weke 18 ure oud


haai Shame, dit is dierbaar, maar wees gewaarsku, die omies bo 50 is almal al so bietjie mal en julle gaan gewis 'n hele string chancers kry ook, dalk moet sy maar eerder soek vir vriendinne in dieselfde bootjie ...dalk daag Mr Perfect net eendag uit die bloue op ...
9 jaar 9 maande 2 weke 19 ure oud


Opstikers: Tog net nie 'n Ridder nie!
'n Oulike stuk behalwe vir die sin " daarvoor is die Here daar" dit kon maar uitgelaat gewees het dink ek.
9 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    TRILOGIE

    deur Warra-Warra

    Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar