Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het onlangs die plesier gehad om ‘n aand oor te slaap by ‘n afgetrede treindrywer en sy vrou.

Toe ek hoor dat ek by ‘n afgetrede treindrywer gaan bly het beelde van ‘n ou Ford XR3 op blokkie in die voorwerf en ‘n klomp leë brandewyn bottels in die asblik opgekom. ‘n Lekker boepens wat treintrokke kan laat ontspoor sal natuurlik voorop hierdie man wees.

Aangekom en hy en sy vrou wag al buite. Die oom is in sy vroeg sewentigers en staan soos ‘n dun telefoon paal. Geen boepens nie. Die man is ongelooflik goed versorg, nes sy tuin en die res van die huis waarin hulle woon.

Ek kan nie begin verduidelik hoe vriendelik hierdie mense is nie. Hulle het hulle lewens stopgesit vir my vir een aand. Ek het wel dankie gesê toe ek daar was maar sal nooit genoeg dankie kan sê vir hoe ek ontvang en behandel is nie.

Dit laat my sommer skuldig en sleg voel oor hoe ek oor gevoel het nog voordat ek hulle ontmoet en regtig leer ken het.

As ek dink aan van my verhoudings en klomp “blind” dates is dit nogal ‘n normale ding om mense op hulle uiterlike of sosiale posisie te oordeel en wragtig vir ‘n kort oomblik in my lewe was ek so.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar