Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het hierdie bord gesien toe ek fiets gery het en ek amper van my fiets afgeval toe ek dit sien. Ek raai jou aan om eers na die foto te loer voordat jy verder lees om te kan verstaan hoekom ek so reageer het.

Hierdie ouens adverteer alles wat nodig is vir ernstige hospitalisasie. Drank, kos, nog drank en dan Go-karts. Nogal “off-road” go-karts daarby. Dit het my laat dink presies hoe het hierdie idee vir ‘n besigheid ontstaan? Ek glo nie dit was ‘n saak van strategiese beplanning en ‘n besigheidsplan nie. Hierdie kan alleenlik rugby en brandewyn se skuld wees. Hulle het iets gesoek om die opwinding van die rugby aan te hou sodra die game verby is.

As vrouens hierdie lees en dink ek het nie regtig ‘n punt beet nie sal ek graag ‘n bekende komediant wil aanhaal. Hy het verduidelik hoekom mans stupid goed aanvang en hoekom vrouens dit dan nie verstaan hoekom ons dit doen nie. Dit is baie eenvoudig, “dit was ‘n goeie idee op daardie tydstip gewees”. En regtig as ek dink hoe ek en my vriende praat oor al die stupid goed wat ons aangevang het kan jy elke keer daardie reel toepas van dat dit ‘n goeie idee op daardie tydstip was. Nou sit ons terug en dink by onsself dat ons vrouens reg was en dat dit wel stupid was maar glo my ons het nie so gedink op daardie spesifieke oomblik nie.

Maar nou ja, is dit nie wat mans, mans maak nie en is dit ook nie hoekom vrouens vir ons lief is nie?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mans
Gaan lees gerus my happie ... "hoere, strippers en take aways"
Snaaks genoeg is dit geskryf net voor ek jou happie gelees het ... dit beskryf in meer detail oor jou idee van "dit was 'n goeie idee gewees ..."
11 jaar 5 maande 1 week 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar