Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oor 2 Kon. 6:5-17

Wat sien jy? Waarna luister jy?

Sien en hoor jy net die negatiewe, slegte nuus? Luister jy net na die nuus oor swak ekonomiese toestande, oor El Niño, oor korrupsie in die regering, oor daardie man of vrou of kind van jou wat vasgevang sit in verslawing, of jou hope skuld, of swak oes, of die droogte, of jou sukkelende besigheid?

Besef jy dan nie dat dit net die een kant van die werklikheid is nie?

Daar is ook ’n anderkant, onsigbaar vir gewone oë, ore en denke.

Ek gaan julle genadig wees en deur die profetiese gawe julle aanraak en bedien. Ek gaan julle genadig wees en openbaringe aan julle gee sodat julle ook die ander kant kan sien, kan hoor en begryp. Julle gaan selfs vir die eerste keer miskien, My teenwoordigheid en My liefde voel en ervaar.

Ek stel profete aan om vir julle te kom sê wat Joël destyds in My Naam vir My Ou Testamentiese volk kom sê het daar in Joël 2.

Ja, oral rondom julle sien julle die sprinkane wat gekom het om verwoesting te saai. Sien julle dood, droogte, armoede, geweld, markte wat val.

Ek stuur nou die profete om te kom sê: Joël 2:12 e.v.

Dit is nie te laat nie. God het ’n persoonlike boodskap aan julle gestuur.

Kom terug na My toe en bedoel dit! Verander! Bekeer julle!

Ek is liefdevol en genadig. Ek is so geduldig. Ek is gereed om die oordeel en die rampe te keer en af te weer en om julle weer te seën.

Dis Oestyd!

Ja, jy lewe in ’n stukkende wêreld vol stukkende mense. Daarbuite is dit uitdagende tye in die ekonomie. Jy, My kind, kan midde dit alles hê waarvoor jy My vertrou op grond van My beloftes aan jou.

Ek het mos vir jou gesê: Vertrou My vir die grootste herlewing nog ooit. Ek het vir jou mos gesê: Die herlewing wat Ek vir soveel jare belowe het, is hier!

Dit is oestyd! Kyk, die oes staan ryp op die lande.

Bid 2 Tess. 3:1: “Verder, broers, bid vir ons, sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word soos by julle.”

Vertrou My om met wonders en tekens te bevestig dat Ek lewe en mense lief hét.

Moenie vasgevang en geïmmobiliseer word deur die vrees en angs-praatjies van almal rondom jou nie. Onthou die woord in Gen. 26. Ek is jou Hoop. Ek verseker jou dit is Oestyd! Vertrou My! Hou jou oog op My!

Dit is ’n nuwe jaar dié! Verwag dus veranderinge! Maak gereed vir veranderinge.

Hou jou oog op die insameling van die oes!

Verwag tye soos daar in Handelinge. Maak God se mense gereed vir tye van herlewing wat mense en gemeenskappe gaan verander.

Ek is die Opstanding en die Lewe. Ek is die Lam wat gekom het om die sonde van die wêreld weg te neem.

Verwag herlewing.

Verwag ook teëstand en aanvalle wat vir jou daar wag op die platforms wat Ek jou gee en waarheen Ek jou soms stuur.

Maak mense gereed vir herlewing

Daarom stuur Ek My profete om My mense in spesifieke gemeenskappe gereed te maak vir herlewing wat alles in hulle en om hulle gaan verander.

Om vir julle op te roep om te bid en te vas. Om om te draai, op te hou, julle te bekeer.

Begin julle sonde bely. Soek My vergiffenis.

Roep selfs ’n openbare byeenkoms uit! Maak seker dat almal daar is: klein en groot.

Laat hulle saam uitroep na My, want Ek wil julle weer genadig wees!

Ek is hier om te kom sê: Ek het julle reeds begin antwoord en julle begin seën.

Die vas is verby en die oes is reeds hier. Oorvloed is hier.

Ek is besig om groot dinge vir julle te doen.

Dit wat julle reeds daarvan sien, is maar net die begin daarvan.
Joël 2:28-32 is nog op pad.

Redding is hier! Herlewing is hier!

Dit is Jubilee-jaar

Onthou, dit is Jubilee-jaar vanjaar. Dit is ’n tyd van seën midde van die moeilikste tye ooit.

Vertrou op My Opstandingskrag midde juis dié tyd.

Moenie dat iemand anders se seisoen jou beroof van die seisoen wat Ek aan jou beloof het nie. Moenie toelaat dat iemand wie se seisoen anders is as joune, jou veroordeel of skuldig laat voel oor waarvoor jy My vertrou in hierdie seisoen in jou lewe nie.

Kom, sit by My en laat Ek jou opnuut toerus en salf met My Opstandingskrag. Kom sit in My teenwoordigheid, dat die glans van My heerlikheid aan jou sal kleef vir almal om te sien.

Soos gedurende die veertig jaar in die dorre woesteny, het julle, soos My volk Israel van destyds, die afgelope jare geleer hoe totaal afhanklik julle van My is vir net genoeg kos en klere vir elke dag.

Daarom het julle Meer as Net-Genoeg nodig

Soos Paulus moes julle leer deur sommige dae van genoeg of te veel en ander dae van tekort, dat Ek julle enigste ware Bron en Voorsiener is. Ek het julle geleer dat daar waar My groter plan om My Koninkryk ook hier op aarde te laat kom, werklik prioriteit in julle lewe is en jy jou plekkie in die groter legkaart gehoorsaam vervul, kan julle My met gerustheid vertrou om in alles wat julle nodig het, te voorsien (Mat. 6:33).

Nou is julle in ’n nuwe seisoen waarin julle My nie net meer moet vertrou vir net genoeg en vir dit wat julle nodig het nie. In hierdie seisoen wil Ek hê julle moet My vertrou vir meer as genoeg, vir oorvloed sodat julle uit daardie oorvloed oorvloedig het om te saai in die lewe van ander.

Ek wil elkeen van julle gebruik in 2 Kor. 9:5-15 se bediening van gee sodat My Koninkryk kan kom en sodat mense bewus kan word van hoe lief Ek elkeen van hulle het en My kan verheerlik as gevolg daarvan.

In die tyd van net-genoeg het julle deur die dissipline van tye van tekort en tye van oorvloed geleer hoe totaal afhanklik julle van My is vir alles in julle lewe.

Ek vertrou dat julle in hierdie tyd wat verby is geleer het hoeveel is werklik genoeg en met hoe min julle eintlik werklik kan klaarkom.

Daarom kan julle in die tye van meer as genoeg weet watter deel van My seën bedoel is vir jou en jou geliefdes en dat die res bedoel is vir julle bediening van gee vir die Koninkryk en vir ander wat nood en behoefte het rondom julle.

Julle is My hande en My voete wat My liefde en genade en genesing en verlossing moet bedien aan ander.

Omdat My liefde julle harte en lewens verander het, kan julle nou kanale wees van hierdie liefde na ander toe.

Vir elkeen van julle het Ek ’n platform en outoriteit gegee om ’n kanaal te wees van My genade en seën tussen daardie mense. Deur wat julle daar doen en wat julle daar bedien aan daardie mense, is julle My brief en getuienis van My liefde vir en teenoor daardie mense.

Gaan bedien My Koninkryk aan mense.

Soos Ek gesê het, dit is Jubilee-jaar. Herlewing is hier. Dit is nou My genade-jaar!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar