Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 217
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Oct 2015
Elkeen van ons het seker al verby ‘n verlate en vervalle bouval (van eens spoghuis) gery of die ou geroeste motorwrakke wat plek-plek sommer in die bos te lande kom, gesien. Dit laat my altyd met ‘n wonder oor wat is die stories wat hierdie vergete bouvalle en wrakke sou kon vertel. Dalk is daar so ‘n denkbeeldige bouval of wrak iewers in jou verlede wat steeds by jou spook. Kom deel jou BOUVAL EN WRAK gedagtes met ons.
Slegs 3 inskrywings per deelnemer per afdeling asb. (sluit alle afdelings in maw: 3 x gedigte, 3 x rubrieke, 3 x verhale, 3 x resensies, 3 x artikels, of 3 x musiek & lirieke)
Hierdie tema is geldig vir twee (2) weke. Sterkte aan al ons skrywers. Die kompetsie is geldig van 2015-10-13 tot 2015-10-26
Onthou asb die laaste skrywe sal dus om 24:00 die Dinsdag aand ingeneem word. Die wenners gaan gekies word deur ‘n onafhanklike persoon wat glad nie op WOES betrokke is nie, elke skrywe sal anoniem ge-epos word met ‘n nommer en dus op meriete gekies word. Die wenners sal dan die volgende Maandag bekendgemaak word en die eerste 3 plekke sal ‘n sertifikaat ontvang in elke afdeling hetsy gedig, rubriek, verhaal, resensie, artikel, of musiek & liriek
Wees altyd geseënd
Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout
Lees ander rubrieke deur Anze Bezuidenhout
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Bart
Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.