Rubrieke

Titel: Prysoorlog
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mapstieks, geniet ek darem hierdie prysoorlog tussen die fliek plekke, Ster Kinekor en Nu Metro. Dit raak net goedkoper en goedkoper en ek kan uiteindelik weer gaan fliek.

Ek het al maande, as dit nie jare is nie hiervoor gehoop. Nie dat ek dink alles is te duur in Suid Afrika nie maar dat ek dink ons kry nie waarde vir ons geld nie.

By die duurder groter komplekse, voor die prysoorlog, het ‘n kaartjie vir my en ‘n meisie amper dieselfde as ‘n aand by die teater gekos. As dit teater of flieks is dan kies ek teater. Minder snotterige kinders. Meer sitplek spasie en oor die algemeen beter entertainment.

Dit bring my ook na musiek. Ek koop twee CD’s per jaar oor die volgende twee redes. Daar is twee radio’s in die huis, een in die selfoon en een in die kar en dan die oorgrote rede is dat ek dink CD’s te duur is.

Watse waarde is daar vir my in iets wat tien liedjies op het waarvan vier dalk oraait sal wees vir ‘n belaglike R140 plus. Dit is as gevolg van hierdie rede dat ek glo die musiek oor die Internet aflaai beweging moet nog groter word. Hopelik sal dit die winkels laat sien dat die eindverbruiker meer waarde sy geld moet kry.

Apple met hulle iTunes is wonderlik want jy kan ‘n enkele liedjie teen $0,99 aflaai. Maar tevergeefs kan ek nie uit Suid Afrika koop nie. Daar is wel ‘n ander Suid Afrikaanse maatskappy wat so tiepe diens lewer maar dit kos R10,00 per liedjie. Dit beteken ek betaal weer amper dieselfde prys as ‘n CD. Weereens is my agterwêreld seer omdat ek geskroef word in Suid Afrika.

Net soos jy flieks en musiek van die Internet kan aflaai om die local ouens seer te maak dat hulle kan wakker skrik wens ek dat ek ‘n kar ook so kon aflaai. Ek sweer die topbestuur van die meeste motormaatskappye steek sigare met R100 note aan tydens vergaderings. Maar die oomblik as hulle daar uitstap huil hulle want hulle sukkel, ‘n oulike gesiggie vir die media.

Hoe lank gaan Suid Afrikaners nog buk en dit van agter vat? Dit is tyd dat ons begin aandring op waarde vir ons geld.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar