Rubrieke

Titel: Radio vrou
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe ek gister radio luister toe kom ek met die volgende idee vorendag, gereelde nuusberigte oor wat binne jou vrou se kop aangaan.

Die nuusberig het gelees dat die tropiese storm Irene, na ‘n orkaan opgradeer word. Wow! Sal dit nie lekker wees as ek met, sê nou, Ronel uitgaan nie. Jy hou jou radio aan soveel moontlik gedurende die dag om soveel moontlik nuus te hoor.

06:00 berig: In vandag se nuus sien ons dat Ronel lekker geslaap het en verfris voel. Sy is nie lus vir haar oggend koffie nie maar ‘n lekker koppie tee sal die ding doen. Haar maag grom en sy is lus vir ‘n stewige onbyt. In die weer vandag sien ons matige temperature met moontlike buie in die laatmiddag as jy ‘n stupid ding doen.

06:07 nood berig: ‘n Ligte aardbewing in die badkamer is gevoel. Ons verslaggewer in die badkamer sê dat die skaal van die aardbewing nogal erg was en kan gemeet word op 68Kg. Kanselleer enige idees van ‘n stewige ontbyt.

09:00 berig: Ons is bly om te rapporteer dat werkloosheid ‘n laagtepunt bereik het. Dit het tot gevolg dat bestaande werkers hulle gatte moet af werk om al die werk klaar te kry. Daar word verwag dat die nodige ondersteuningsdienste so vinnig moontlik op die been gebring moet word om te help om werkers te gemoed te versterk tydens hierdie tye.

13:00 berig: Boere in die sentraal van die land kla nie maar is wel bekommerd of hulle produksie kwota genoeg sal wees om verbruikers se honger kan stil vir die oorblywende deel van die jaar. A.g.v. die lae werkloosheid syfer het verbruikers op ‘n emosie eet veldtog gegaan.

Hamburger voorrade is laag in stedelike gebiede en planne word gemaak om meer beeste te slag om by aanvraag by te bly.

17:00 berig: A.g.v. die werk lading gaan werkers later in die dag huis toe. Dit beteken dat laatmiddag verkeer nog slegter is as ooit. Dit kan verwag word dat werkers semi geïrriteerd by die huis gaan kom.

In die weer is kanse van buie baie laag maar ‘n droë kou aandluggie kan verwag word.

Met hierdie berigte sal alles net so lekker wees. Jou vrou sal dink jy neem al haar behoeftes in ag. Vir ‘n slag sal mans ook dan ‘n bietjie “reward” romanse kry en almal sal net gelukkiger wees.

Maar nou ja, ek glo nie my vrou gaan daarvan hou as iemand haar die heeltyd volg om my te laat weet hoe sy voel nie. Dit gaan ‘n heel ander gestry afgee.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nuusberig
Willem dankie vir hierdie skreeusnaakse happie, ek dink ek sal dit weer kom lees elke keer as ek so bietjie af voel.
DD
12 jaar 11 maande 3 weke 9 ure oud


Gee maar op
Elke ou het seker sy drome. Maar hoe wil jy vroumense verstaan as ons self nie aldag weet hoe en wat ons is nie. Een oggend word jy dood gelukkig in jou liefie se arms wakker en net omdat jy so gelukkig is, huil jy bietjie. Hy skrik natuurlik sy gat af en wonder wat het hy nou weer aangevang? Dus begin jy jou dag deur soos 'n rooi oog monster te lyk wat te veel gesuip het die vorige nag. Almal by die werk wil weet wat is fout en het jy en liefie baklei. Hoe verduidelik jy vir die mansmense by die werk dat jy eintlik so lyk omdat jy so ongelooflik gelukkig is? Probeer daardie een uitpluis en dan verduidelik jy dit vir my, want ek verstaan dit self nie. Ek kon net lekker giggel oor hierdie een van jou. Ons koppe raas elkgeval meer as enige radio wat half op stasie is.
13 jaar 2 weke 4 dae 1 uur oud


Woeste vrouens...
Ek lag my gat af vir jou goed ou. Dis altyd snaaks, maar tog so waar. Ek het eendag so 'n boek in exclusive books raakgesien. "What men know about women" Natuurlik was ek moer nuuskierig, want ek wil ook weet. Ongelukkig is dit so 300 odd blaaie sonder een woord op... Almal blank. Anyway, dis min of meer wat ek ook van hulle verstaan. Ek het ophou omgee...

-=[]D=-
[DBK]
13 jaar 1 maand 1 week 3 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar