Rubrieke

Titel: Reeds Vry
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vryheid is 'n idee wat vir jare al onderdruk word...of so glo almal. Ons lewe met die illusie dat Vryheid van ons af weggeneem is en dis iets waarvoor ons moet veg. Veg moet jy ja teen sosiale ideale van wat is mooi, wat is reg en wat word aanvaar. Jou vryheid word nie soseer deur die Regering weggeneem nie maar eintlik deur die idees wat jy na streef omdat jy 'n prentjie gegee is, en jy jouself volgens die prentjie moet vorm. Elkeen is perfek gemaak omrede jy uniek is. Jou vryheid word op die ou einde van die dag deur jouself ontneem. Die oomblik wat jy jouself aanvaar vir wie en wat jy is en begin uitbeeld sal jy besef jy is reeds vry.

Vryheid is 'n idee. Die definisie se dat jy nie vasgevange is agter tralies of op enige ander manier nie. Die een wat jou meeste van jou vryheid ontneem is jy self. Laat gaan die idee van wat mooi is en hoe jou persoonlikheid moet wees en ontdek die fantastiese mens wat jy reeds is. Jy moet gevier word en waardeur word. Die wat jou nie waardeur soos jy is nie, is nie jou tyd werd nie. Dis tyd dat die mensdom die idee vernietig en mekaar begin aanvaar en vier soos hulle is.

Vanaand vier ek jou met al jou foute en al jou "onperfeksies" want vir my is jy reeds klaar perfek en moet geen verandering ondergaan nie. Elke aspek van jou innerlike en uiterlike skoonheid vier ek vanaand want daar is niemand soos jy nie. Neem jy "vryheid"terug en ontdek jouself sodat jy kan besef jy is lankal reeds vry...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vry
Interessante opinie! Ek onhou 'n ou song se woorde: Freedom is another word for nothing left to lose.
4 jaar 9 maande 6 dae 11 ure oud


vry
Goeie woordgebruik. Dankie vir die deel
4 jaar 9 maande 6 dae 16 ure oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar