Rubrieke

Bladsye:
Titel: ROMEINE
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


ROMEINE


As ek terrug dink, aan my dae as ongelowige, dan kan ek nie anders as om vir my hemelse Pa, dankie te sê, vir die liefde wat Hy in my hart geplaas het vir ‘n reel, regulasie, standaard en dissipline nie.

Ek kan my nie indink hoe ons lewens sou wees as daar nie reels was, wat ons moes toepas nie. Losbandigheid sou die oorhand gehad het. Ons as mens is maar alte geneig om nie wette te gehoorsaam nie, die Woord van God praat immers van ons aardse wette wat geonderdanig moet word, maar nog steeds moet jy telkemalle mense bewus maak dat daar is reels wat nagekom moet word.

Somtyds wonder ek, hoekom ons, as grootmense nie reels wil volg nie, maar ons verwag van ons kinders om daardie selfde reels na te kom, anders is die gort gaar! So hoe kan ons verwag om wedersydse respek, veral in die werksplek vir mekaar te hê as ons nie eers die basiese reels wil nakom, soos byvoorbeeld om op tyd, tee te gaan neem, of om net te besluit ek daag nie op vir werk nie.

Ons moet ook besef, as die reel nie gevolg word nie moet ons ook die gevolge daarvan dra, dink maar net aan ‘n rooi robot, die reel sê jy mag nie ry as die robot rooi is nie, maar tog kry jy van ons, wat die reel blatant ignoreer, en voet in die hoek sit, sodra ons naby ‘n robot kom, wat is die gevolge, ‘n verkeersboete, of dalk nog erger, iemand se lewe!

Ek is self nou en dan skuldig aan die verbreking van ‘n reel, soos wanneer my hemelse Vader my waarsku teen iets wat ek nie moet doen nie, maar dan doen ek dit in elk geval, die gevolge is maar altyd teleurstelling. Ons is van nature reel brekers, dit het eintlik al met die skepping van die eerste mens gewees, Die Vader het gesê moenie van daardie sekere boom, met sy vrugte eet nie, en kyk wat het gebeur, die gevolge van daardie mense se besluit, om die reel te breek, is tot vandag toe sigbaar.

Om die reel te volg, is soos, om die waarheid te praat, as jy die waarheid praat dan hoef jy nie te onthou wat die waarheid is nie, maar as jy ‘n leuen sou vertel moet jy onthou wat daardie leuen was. So wat ek sê, volg die reel en bly uit die moeilikheid.

Ons het immers die antwoord in God se Woord gekry, naamlik Romeine 13 vers 1 !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Alf
ROMEINE
Dis waar wat jy daar sê, jy moet amper lewenslank 'n leuen onthou want daar gaan 'n dag kom wat jy jou mond gaan verby praat, dan moet jy weer 'n leuen vertel om die een te verdoem. Vertel die waarheid en dan kan jy alles vergeet en nie nodig om weer 'n leuen te vertel nie.
Het dit geniet om jou geskriffie te lees. Gaan saan.
14 jaar 4 maande 1 week 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Oak Seed

    deur Rachelle du Bois

    Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar