Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos jy sien is ek besig om die boek Romeine te lees.
Paulus sê daar in Romeine 1 onder die inspirasie van die Gees die volgende:

“Ek staan onder ‘n verpligting teenoor Grieke en nie-Grieke, teenoor ontwikkeldes en ongeleerdes, en vandaar my begeerte om ook aan julle in Rome die evangelie te verkondig.

Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.

In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: ‘Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.’"

Ek het gewonder of ek ook so opgewonde en geïnspireerd soos ’n Paulus voorkom as ek met mense gesels oor die Evangelie en oor die God van die Bybel.

Is ek ook so seker dat God sal kan help as ek Hom vra in my gebed? Is ek ook so oortuig van God se krag om te red?

Dit is soms vir my asof ons prentjie van God en wie Hy is, so klein en so gewoon-menslik geword het, dat ons net waag om vir Hom dinge te vra wat ons eintlik self kon gedoen het.

Dit terwyl die God van die Bybel die God van die onmoontlike is.

Die God van die Bybel, wat ons leer ken in Jesus Christus, is die God wat die onmoontlike kan doen.

Die Jesus Christus wat gekruisig en opgestaan het, wat ons as Christen gelowiges nou volg as ons Here en Koning, kan vandag nog die onmoontlike doen.

Ek glo dit is deel van die Evangelie, die Goeie Nuus, waarvan ek en jy teenoor ander kan getuig.

Om te getuig is om jou stories en jou ervaringe met hierdie God te vertel. Dit is ook wat ek hier vir jou wil vertel. Sodat jy met nuwe oë na God kan kyk en ook saam met my kan glo dat Hy vandag nog hierdie dinge kan en wil doen. Ook vir jou.

Die meeste van ons glo dat God destyds, in die Bybel se tyd, met ’n Abraham en ’n Moses en ’n Paulus kon praat. Hoekom is dit dan vir ons so moeilik om te glo dat hierdie God vandag nog met ons so kan praat dat jy Sy stem kan hoor en dit kan herken as Sy stem?

Ons weet en glo dat Jesus, destyds, in Sy lewe as ’n mens op aarde in die jare 29 tot 32 ná Christus, die mees merkwaardige, menslik gesproke onmoontlike, wonderwerke, gedoen het. Soos mense wat fisies blind was, in een oomblik laat sien het. Besef jy dat dit fisies onmoontlik is om te gebeur?

Dowes wat Hom langs die pad ontmoet het, kon skielik weer, al was dit fisies onmoontlik menslik gesproke, weer hoor.

Melaatses wat, volgens die moderne mediese wetenskap verby enige menslike hulp en hoop tot herstel was, het Hom ontmoet en het totaal genees en normaal weggestap.

Hy het selfs storms op see stilgemaak deur met daardie storm net te praat.

Hy het ’n Lasarus, wie se lyk al vier dae in die graf gelê en stink het, letterlik uit die arms van dood geroep sodat hy, toegedraai in doods doeke, by sy graf uitgehop gekom het.

Ja, dit is die God, die Jesus, wat ek wil besing.

Dit is die God, die Jesus Christus, wat ons in die boek, Romeine, ontmoet en wie se genade daar besing word onder die inspirasie van die Gees.

As jy Jesus Christus as Verlosser en Here in geloof aangeneem het, is dit hierdie God wat op hierdie oomblik in jou woon deur Sy Gees.

Dit is hierdie God wat nou daar voor jou staan en vir jou sê: “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.

Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” (Mat. 6:31-34)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar